Dullstroom Manor
Kry 40% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 2 Apr 2024 tot 13 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R540, Middelpunt Plaas, Erf JT320, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
-
Vanaf
R3 300R1 980 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Dullstroom Manor is op 'n forel- en wildplaas naby Dullstroom in Mpumalanga. Dit is modern en 'n ideale wegbreek in die Herehuis en 'n gerieflike kothuis. Ontsnap uit die stad by Dullstroom Manor wat slegs 10 buite Dullstroom via die R540 is.
Die Farmhouse het 3 slaapkamers en is geskik vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Dié slaapkamer deel die tweede badkamer wat 'n bad, stort, toilet en wasbak het. Die derde badkamer is apart en het 'n stort, toilet en wasbak. Die plaashuis het TV's in al die kamers, asook die sitkamer met Netflix. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware, eetgerei en opwaskamer toegerus. Die oopplan-sitarea en -eetarea het genoeg sitplek waar gaste voor die groot kaggel kan saamkom. Die stoep front na die noorde, is beskut en het 'n lieflike kaggel en braai met 'n groot etenstafel. Die kinderspeelarea het baie om kinders te vermaak terwyl die volwassenes ontspan.
Die Cottage het 2 slaapkamers en is ideaal vir klein gesinne of paartjies. Die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het ook 'n stapelbed. Die hoofslaapkamer het 'n kaggel en 'n TV met Netflix. Die badkamers het 'n stort, toilet en wasbak. Dit het 'n moderne sitarea en 'n oopplan-kombuis met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n eetarea met genoeg sitplek. 'n Pragtige kaggel in die sitarea hou die hele huisie warm. Daar is ook 'n TV met Netflix.
Gaste kan visvang op die perseel in 3 groot foreldamme.
Wildritte kan ook geniet word en diere op die plaas sluit sebras, rooihartebeeste, springbokke, gemsbokke, swartimpalas, blesbokke, kolbroek-varke en rietbokke. Konferensies kan by die lapa gehou word en daar is 'n tennisbaan en krieketveld. Die plaas sal gaste bekoor met kleure wat oor die velde strek.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Spaans
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Elzet Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- R540, Middelpunt Plaas, Erf JT320, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R540, Middelpunt Plaas, Erf JT320, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang