DullVino Cottage
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 15 Okt 2024 tot 29 Nov 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Teding van Berkhoutstraat, Critchley Common Estate No. 15, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
-
Vanaf
R2 000R1 700 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
DullVino Cottage @ Critchley is 'n outentieke klip-en-baksteen-huis wat oor 'n paar verdiepings strek en is op die gesogte Critchley Common, 'n klein privaat landgoed geleë. Die selfsorghuis is onder by die eenddammetjie aan die onderste punt van die landgoed en het sy eie uitsig oor hierdie deel van die landgoed. Die uitsig op die berg en die privaat stoep skep die gevoel dat 'n mens die hele landgoed vir jouself het, tog is die verblyf naby al Dullstroom se hoofbesienswaardighede. Dullstroom maak voorsiening vir almal - vir diegene wat wil ontspan én diegene wat 'n bietjie wil verken en die adrenalien wil laat loop.
Die huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 ruim slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 2 enkelbeddens, asook 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer is onder en het 'n dubbelbed en daar is 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak in die en suite-badkamer.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en die sitarea het sitplek, 'n kaggel en 'n TV met 'n vol DStv-pakket. Die leefarea se deure bied toegang tot 'n stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Die stoep bied ook 'n uitsig op die berge en oor die privaat tuin.
Daar is 'n skoonmaakdiens op versoek teen ekstra koste.
Kom steek 'n vuurtjie by DullVino Cottage @ Critchley op.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Kobus Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 97
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Teding van Berkhoutstraat, Critchley Common Estate No. 15, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink DullVino Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Teding van Berkhoutstraat, Critchley Common Estate No. 15, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang