Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dundi Lodge

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Airport Boulevard 4, Rooipad, Augrabies, 8870, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 670 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dundi Lodge is na aan die bekende Augrabies-waterval in die Nood-Kaap geleë. Dié lodge is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n vreedsame en gerieflike wegbreek, hetsy vir 'n vakansie of sakereis.

Jy het 'n keuse van 11 luuks gemeubileerde en goed toegeruste kamers. Die suites het elkeen slaapplek vir 2 tot 6 gaste en is toegerus met óf 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Elkeen van die eenhede is ruim en lei na 'n sentrale binnehof en swembad-area. Die geriewe in hierdie kamers sluit lugversorging, gratis WiFi, 'n kluis, verwarmer, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kroegie met koffie- en teemaakgeriewe in.

Die lodge se gewilde restaurant is die ideale plek om kliënte te trakteer, saam met vriende te kuier of net 'n heerlike ete saam met van ons heerlike wyne te geniet gedurende jou verblyf. Die Dundi Vliegveld bied die gerief van huurvlugte in die omgewing en die lodge se suster-instansie, Kalahari Outventures, bied 'n rits doendinge op die rivier waaronder riviervlotvaart, kunsvlieghengel, roei in die natuur en oornag-safari's, wat bespreek kan word op versoek.

Ons bied ook 'n 3 uur lange wildrit met professionele gidse. Dit kan gereël word deur die lodge. Ons is die ideale oornagplek op pad na die Kgalagadi Oorgrens Nasionale Park. Ons personeel het 'n deeglike kennis van die omgewing en sal jou graag bystaan met enige vrae of advies in verband met besigtingingstoere.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Lodewyk V
Saam met vriende
5.0
Skoon, netjies, vriendelik mense. Puik oornag lodge. Dit was een van ons beste blyplekke op ons Gyro-toer gewees. Mense is so vriendelik en behulpsaam...
Sien meer
Apr 2024
Peter W
Saam met lewensmaat
5.0
Pure ontspanning by en in die swembad. Wonderlik soos verlede jaar. Alles was reg. Die restaurant was weer baie goed met uitstekende wyne.
Mrt 2024
Ronel V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige, skoon verblyf. Was met soveel gasvryheid ontvang. Plek is netjies en skoon en vol styl. Aandete en ontbyt was heerlik!
Sep 2023
Willie T
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, still en pragtige ligging. Hier kan jy heerlik rus in die stilte na 'n lang dag by Agrabies Waterval. Personeel praat jou taal en is so vr...
Sien meer
Jun 2023
Riaan V
Saam met lewensmaat
5.0
Wat 'n fantastiese ervaring. Ek het by Dundi gebly tydens my deelname and the Trans Augrabies MTB-wedren en kon nie gevra het vir 'n beter basis nie. ...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Berto Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Airport Boulevard 4, Rooipad, Augrabies, 8870, Noord-Kaap
  • Gaste dink Dundi Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 670
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 670
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Airport Boulevard 4, Rooipad, Augrabies, 8870, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3NmRjMDgwLTdkNmItNDQ4OS1hNWI2LTBiOGM2MmM4OWIxNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 670 per nag, vir 2 mense 70 5 1 5 4 Airport Boulevard Rooipad 8870 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.630449 20.322944

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang