Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dunelm Gasteplaas

  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dunelm Gasteplaas naby Clarens, is in die middel van die Brandwaterkom, in die Oos-Vrystaat naby die Lesotho-grens en is 'n gerestoureerde historiese herehuis op 'n wildsplaas geleë tussen die berge.

Verblyf word gebied op 'n werkende gasteplaas in ruim selfsorg-eenhede met pragtige uitsigte oor die plaas en sandsteenberge. Elke eenheid het 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Elke kamer beskik oor 'n verwarmer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak, toilet, en verhitte handdoekreling. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer is ingerig met 'n bad, wasbak, toilet, en verhitte handdoekreling. Al die nodige linne, komberse en handdoeke word voorsien. Komplimentêre lyfroom en seep vir die eerste nag is ingesluit.

Die ruim leefarea het 'n ingeboude gaskaggel en is smaakvol versier. Die leefarea beskik ook oor 'n LCD-TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis is volledig toegerus met houtkaste en granietblaaie. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien, asook 'n komplimentêre glasie sjerrie of alkoholvrye vonkelwyn met aankoms. Ons voorsien ook 'n komplimentêre sak houtskool vir die eerste braai. Elke onderdakstoep het ingeboude braaigeriewe. Die eenhede word op versoek skoongemaak binne die reëls van COVID19, behalwe op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae, en parkeerplek word voorsien.

Gaste kan heerlik op die plaas gaan stap, wildkyk en swem. Die plaas is op die R711, net 17 km van Clarens af op pad na Fouriesburg.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elzanne S
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik gebly. Lieflike en netjiese verblyf. Goed ingerig met alles wat nodig is. Baie rustig op die plaas en 'n mooi uitsig. Kon ook 'n heerlike stap...
Sien meer
Sep 2024
Selma D
Gesin met tieners
5.0
Heerlike wegbreek! Die kuier op Dunelm was fantasties. Eienaars baie gasvry en hulpvaardig. Huisie was skoon en lekker toegerus met alles wat ons nodi...
Sien meer
Sep 2024
Manuel D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, sal aanbeveel vir ander en sal weer kom kuier. Heerlik gebly. Skoon, netjies, vriendelike personeel en alles wat jy nodig het, is daar. Kagel...
Sien meer
Sep 2024
Marlene P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende omgewing en lieflike huisie om heerlik te ontspan. Ona het heerlik daar gebly. Die huisie was pragtig skoon en is baie goed toegerus; alle...
Sien meer
Sep 2024
Natashia O
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend! Ons het ons huweliksherdenking by Dunelm deurgebring. Ons het in Unit 5 gebly. Dit het al ons verwagtinge oorskry. Ons plekkie was baie mo...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Juanélle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 64

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • R711, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Dunelm Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R711, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRhYzVjMzE0LWJjNzYtNGRmNy1iMDYxLTlhYzRiN2JlNDZhYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 64 5 1 5 R711 Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.634630142037 28.369799852371

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang