Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dunkeld Country and Equestrian Estate

Weeksdagaanbod 50% af

Kry 50% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 2 Okt 2024 tot 16 Okt 2024.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tonteldoosweg 80, Dunkeld Country and Equestrian Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R2 020 R1 010 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dunkeld Country and Equestrian Estate is 'n luukse kunsvlieghengel- en perdelandgoed wat in Dullstroom geleë is. Die landgoed is minder as 3 uur van Johannesburg af, naby genoeg vir 'n naweekwegbreek, maar ver genoeg dat dit 'n welverdiende ruskans bied. Dit is 'n toevlugsoord vir diegene wat wil ontspan en die perfekte bestemming vir 'n gesinsvakansie, 'n romantiese naweekwegbreek, 'n hengeluitstappie, sakefunksie of troue.

Dunkeld bied verskeie aktiwiteite, soos perdry, kunsvlieghengel, bergfietsry en voetslaan. Hier kan gaste die panoramiese uitsigte oor Dullstroom se vlaktes, ons hoë standaard kliëntediens en Suid-Afrikaanse gasvryheid geniet. Verblyf word gebied in lodge suites, selfsorg-eenhede, luukse lodge-kamers, luukse lodge-eenhede en selfsorg-eenhede op die perdelandgoed.

Die oord het 19 damme en poele van verskillende groottes wat elkeen goed van forel voorsien word vanaf die broeisentrum op die perseel. Dunkeld se perde is betroubaar en goed afgerig en sal selfs die mees onervare ruiter die selfvertroue gee om 'n perdrit deur Dullstroom se pragtige landskap te onderneem. Ons perdesentrum is 'n gewilde bestemming en die kort perdry-werkswinkels wat ons oor naweke aanbied is gewild onder gesoute ruiters. Gaste kan ook fietse huur, gebruik maak van die voetslaan- en velddrafroetes, of 'n potjie tennis speel. Ander doendinge op die perseel sluit toere van ons forelbroeisentrum, voëlkyk, swem in die binnenshuise-, verhitte swembad of ons buite swembad, minigholf en skoonheidbehandelinge by die Dunkeld Spa in.

Sit agteroor en ontspan in die Jazz Bar, of geniet 'n heerlike maaltyd by die Sporting Horse Restaurant of die 1883 Restaurant. Dullstroom is een van die koudste dorpies in Suid-Afrika, maar met kaggels in al die kroeë, restaurante en winkels is dit die ideale plek om 'n glasie rooiwyn te geniet na 'n dag vol avontuur, visvang of perdry.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 104 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
3.5
Diens
3.4
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Lukas J
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het net een nag oorgeslaap. Ons het dit regtig baie geniet en sal weer daar. Alles was mooi skoon en netjies. Die diens was ook baie goed.
Aug 2024
Lerato M
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely and cosy stay at Dunkeld Country and Equestrian Estate. My stay was amazing, the service and staff were helpful, and the restaur...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Linda R
Gesin met tieners
5.0
Pragtige area en omgewing met baie om te doen. Luukse en pragtige akkommodasie. Die akkommodasie was luuks, skoon, netjies en ons het dit baie geniet ...
Sien meer
Jun 2024
Hanelie E
Saam met vriende
5.0
Heerlike ontspanne atmosfeer. Akkommodasie baie skoon en netjies. All die personeel was super vriendelik en baie hulpvaardig.
Mei 2024
Xolane S
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect. It was peaceful and I enjoyed all the activities.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.8/5

Touch Down
Africa

Eiendomme 9

Resensies 214

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Tonteldoosweg 80, Dunkeld Country and Equestrian Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Dunkeld Country and Equestrian Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 020
R2 020 R1 010
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 020
R2 020 R1 010
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 72 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tonteldoosweg 80, Dunkeld Country and Equestrian Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARa46wMWuMgSEn5pp1luJcGPk3jg6coRelvPtvBZNw7ubstagPP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 020 nouVanaf R1 010 per nag (plek vir 2) 104 5 1 4 80 Tonteldoos Road Dunkeld Country and Equestrian Estate 1110 Mpumalanga 021 201 8901 16:00-18:00 10:00 -25.401399222565 30.076891199722

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang