Dunroamin Bed and Breakfast
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R103, Ou hoofweg, Rosetta, 3300, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Dunroamin Bed and Breakfast is op 'n kleinhoewe in die KwaZulu-Natalse Middellande, tussen Rosetta en Mooirivier, geleë. Dit is die ideale ligging vir ontspanning, 'n gesinsvakansie, 'n romantiese wegbreek of net 'n bietjie alleentyd. Hierdie B&B is in 'n rustige tuin met 'n uitsig op die Drakensberge.
Verblyf word aangebied in 5 en suite-kamers, elk met 'n verwarmer, 'n elektriese kombers, badhanddoeke, gratis toiletware, tee- en koffiemaakgeriewe met gratis beskuit, 'n kroegie, en 'n TV met sekere DStv-kanale. Elke kamer word daagliks skoongemaak.
Die B&B bied 'n gemeenskaplike sitkamer en eetarea met 'n TV met volledige DStv-kanale. Albei die sitkamer en eetkamer is het 'n Jetmaster-kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar vir alle gaste in die gemeenskaplike omgewing.
'n Volledige Engelse ontbyt word in die gemeenskaplike eetkamer bedien, en spesiale diëetvereistes is op versoek beskikbaar. Daar is 'n swembad en kinders onder die ouderdom van 12 moet te alle tye onder toesig gehou word. Die B&B bied ook 'n privaat konferensiekamer vir 20 afgevaardigdes.
Dunroamin Bed and Breakfast is in die Midlands Meander geleë, 'n versameling roetes deur die Natalse Middellande wat kuns en kunsvlyt, tuisprodukte en heerlike kookkuns bied. Doendinge in die omgewing sluit visvang, stap, fietsry en avontuursport in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jennifer Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- R103, Ou hoofweg, Rosetta, 3300, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Dunroamin Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R103, Ou hoofweg, Rosetta, 3300, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang