Dunroamin Bed and Breakfast
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R103, Ou hoofweg, Rosetta, 3300, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Dunroamin Bed and Breakfast is op 'n kleinhoewe in die KwaZulu-Natalse Middellande, tussen Rosetta en Mooirivier geleë. Dit is die ideale omgewing vir ontspanning, 'n gesinsvakansie, 'n romantiese wegbreek of net 'n bietjie alleentyd. Die B&B is in 'n rustige tuin met asemrowende uitsigte oor die Drakensberge geleë.
Verblyf word gebied in 5 en suite-gastekamers wat elk toegerus is met 'n verwarmer, 'n elektriese kombers, badhanddoeke, komplimentêre toiletware, tee- en koffiemaakgeriewe met komplimentêre beskuit, 'n kroegie en 'n TV met sekere DStv-kanale . Elke kamer word daagliks skoongemaak.
Die B&B bied 'n gemeenskaplike sitkamer en eetarea, met 'n TV met volledige DStv-kanale. Beide die sitkamer en eetkamer is toegerus met Jetmaster-kaggels vir gemak en warmte op daardie koue winteraande. Gratis WiFi is beskikbaar vir alle gaste in die gemeenskaplike area.
'n Volledige Engelse ontbyt word in die gemeenskaplike eetkamer bedien en spesiale dieetvereistes is op versoek beskikbaar. Daar is 'n swembad vir gaste om te geniet, en kinders onder die ouderdom van 12 moet te alle tye onder toesig wees. Die B&B bied ook 'n privaat konferensiekamer vir tot 20 afgevaardigdes.
Dunroamin Bed and Breakfast is op die Midlands Meander geleë, 'n versameling roetes deur die Natalse Middellande wat kuns en kunsvlyt, tuisprodukte en heerlike kookkuns bied. Doendinge in die omliggende area sluit visvang, voetslaan, fietsry en avontuursporte in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jennifer Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- R103, Ou hoofweg, Rosetta, 3300, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Dunroamin Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R103, Ou hoofweg, Rosetta, 3300, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang