Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Duntrune Beach House

Naweekaanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Feb 2025 tot 3 Mrt 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Visvywerlaan 24, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 900 R3 315 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Duntrune Beach House is 'n ruim selfsorghuis in Bosbokduin Privaat Natuurreservaat in Stilbaai-Wes en bied slaapplek aan 12 gaste. Die huis is op 'n duin met 'n pragtige uitsig net 'n kort entjie van Skulpiesbaaistrand af.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en 'n solderarea met 3 enkelbeddens. Drie van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die kamers bied 'n pragtige uitsig oor die fynbos en see. Die kamers het gedeelde toegang tot 3 badkamers met baddens en storte. Gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n mikrogolf, groot Smeg-gasstoof en elektriese oond, yskas en diepvrieskas toegerus. Die waskamer het 2 skottelgoedwassers en 'n wasmasjien.

Die sitkamer is op die eerste-verdieping en het 'n TV en DStv is op versoek teen R60 per dag beskikbaar. Die leefarea op die onderste verdieping het 'n knus kaggel, eetarea en 'n uitsig oor die see. Daar is 'n verskeie boeke en speletjies. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Die area bied verskeie wandelpaadjies vir voetslaan of velddraf, visvang, duik, branderplankry, kajakvaart, voël-, walvis- en dolfynkyk en die Stilbaai Gholfbaan is minder as 4 km weg.

Gaste kan op 'n Sondag later uitklok indien nodig.

Let asb. daarop dat Bosbokduin 'n natuurreservaat met 'n rustige atmosfeer is en dus word geen harde musiek of partytjies toegelaat nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 4 Slaapkamers 1 Leefarea 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Pieter J
5.0
Rustige, gemaklike kuier in die natuur. Ons het ons Desember familievakansie by Duntrune gehou. Die huis is goed toegerus met alles wat nodig is, self...
Sien meer
Jan 2025
Suzette E
5.0
Gasvrou was sorgsaam en het derentyd seker gemaak dat alles na ons wense was. Het so lekker gebly. Huis en beddegoed silwerskoon. Ligging perfek, uits...
Sien meer
Des 2024
Brandt B
Gesin met tieners
5.0
Ons het regtig baie lekker gerus en ontspan en dit is ideaal vir 'n familie wegbreek. Baie mooi en gerieflike huis, naby aan die see en baie rustige a...
Sien meer
Jun 2024
Daniel B
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome weekend away. Will definitely be back for a longer stay! Great accommodation in a unique nature reserve. Loved the space in the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Craig K
Gesin met tieners
4.8
Wonderlik - ons sal definitief terug wees! Ons het verskriklik lekker gebly en ek sal Duntrune definitief aanbeveel. Dit is 'n pragtige uitsig in 'n v...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Arthur Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Visvywerlaan 24, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Duntrune Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 900
R 3 900 R 3 315
per nag, vir 12 mense
Vanaf R3 900
R 3 900 R 3 315
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Visvywerlaan 24, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA20f416cf7857b546360f35a2d2898e0108639c0cbc42b9634b1da1730de949ce6b90964341e0932f75dc8dd693155ba7bd82?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 900 nouVanaf R3 315 per nag, vir 12 mense 24 5 1 5 24 Visvywer Avenue Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -34.39964775129 21.411716371226

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang