Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dupagi Self-catering Unit

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bakhoutstraat 17, Hartenbos, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Dupagi Self-catering Unit is in Hartenbos Heuwels geleë en bied topgehalte-verblyf in dié gewilde vakansiedorp. Die eenheid is naby verskeie winkels, restaurante en net 3 km van die nuwe Hartenbos waterpark, strand en seefront af.

Die akkommodasie is ideaal vir 2 volwassenes en 3 kinders. Dit bestaan uit 2 slaapkamers. Die 1 kamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 'n uittrekdubbelslaapbank en 'n stapelbed. Daar is 1 badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Linne word voorsien.

Die kombuis het al die nodige toebehore vir selfsorg, insluitend 'n oondjie met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n TV in die eenheid met 'n MiBox-stelstel, waarop Netflix en Disney+ gelaai is. Daar is ook gratis vesel-internet. Indien gaste DStv wil kyk moet hulle hulle eie aanmeldbesonderhede gebruik.

Daar is 'n beskutte braai-area met stoepmeubels, asook 'n klein speelgrond met swaaie en 'n glyplank. Die eenheid bied pragtige uitsigte oor Hartenbosrivier en die berge.

Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Matthew B
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly en baie vriendelike mense. Sal beslis weer daar bly! Sien sterre.
Jul 2024
Colette H
Gesin met klein kinders
5.0
Goed ontvang en pragtig skoon en knus weggesteek vir goeie privaatheid. We enjoyed our 5 days in winter.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
June O
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer daar woon. Als wat benodig word in die eenheid wat heeltemal privaat geleë is in 'n stil woongebied. Silwerskoon en gasvrou loop die ekstra m...
Sien meer
Mrt 2024
Biem W
5.0
Gasvryheid was uit die boeke! Baie lekker, veilig!
Feb 2024
Theo En Liezel O
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker stil en rustig. Uitstekend en veilig en netjies.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Bakhoutstraat 17, Hartenbos, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dupagi Self-catering Unit het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bakhoutstraat 17, Hartenbos, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2848569d8e8b5c17ad9b207cd7c5d5f5560fe38997b5959710878bbae4ba1bc8f3639c72aa3d71dc57ef55472c2c5637aef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 4 mense 59 5 1 5 17 Bakhout Straat Hartenbos 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -34.123717884807 22.102632075548

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang