Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dusk to Dawn Farm Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wagendrift Plaas, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Vanaf R1 640 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Dusk to Dawn is 'n ruim plattelandse huis in die suidelike puntjie van Mpumalanga, die "plek waar die son opkom". Dusk to Dawn staan op 'n pragtige plaas van 1800 hektaar. Hier is heelwat boerdery-aktiwiteite, soos 'n groot, moderne varkboerdery, 'n melkery, beesboerdery, en mielies en hout word ook hier verbou. Hierdie aktiwiteite kan besigtig word op versoek.

Die eienaars het hul familiehuis omskep in 'n gerieflike halfweghuis vir toeriste en besoekers wat via die N2 op pad is na die Krugerwildtuin, of vanaf Gauteng na KwaZulu-Natal se Noordkus. Die Engelbrechts is die afstammelinge van Duitse sendelinge wat hulself in 1870 hier gevestig het. Hulle is die vyfde geslag en hulle praat steeds Duits by die huis.

Die verblyf het 6 eenhede wat slaapplek bied aan 19 gaste in totaal. Elke eenheid het lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n klein kroegie en sekere DStv-kanale.

Die ontbyt word elke oggend met groot hartlikheid bedien. Sodra gaste soggens die helder eetkamer betree word hul bederf met heerlike kos. Daar is 'n uitgebreide spyskaart wat gaste kan bestudeer met die opgewekte getjilp van voëltjies in die agtergrond.

Vir aandete kan gaste hulself help in die deli of 'n bederfpiekniek bestel. Die groot verskeidenheid het iets vir almal, selfs avontuurlustige smulpape, en al die etes word elke week voorberei met vars produkte. Dié geregte word in die kamer, in die tuinkamer met sy uitsig oor die swembad, of op die houtdek aan die onderkant van die tuin bedien. Gaste is natuurlik welkom om dit in die privaat eetareas van hul kamers of kothuis te nuttig. Elke eetarea is toegerus met luukse eetgerei, breekware, 'n yskassie en 'n mikrogolf.

Die tuin is 'n pretpark vir kinders - daar is 'n swembad wat deur sonkrag verhit word, 'n boomhuis met 'n klimraam en 'n hangmat. Johnny's Arc is daar vir kinders om plaasdiere, soos hoenders, eende, ganse, poue, skape en bokke van nader te leer ken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Dusk to Dawn Farm Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Gudrun Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Wagendrift Plaas, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Gaste dink Dusk to Dawn Farm Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 640
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 640
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wagendrift Plaas, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjNzFlYmU0LTFjZTktNDk0Yy1iOGZmLTA2NTAxOWE3YmZhMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 640 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Farm Wagendrift Piet Retief 2380 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.19497 31.00185

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang