Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Duvet & Crumpets

  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Freelands Place 1, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Benodig jy verblyf tydens 'n besoek aan Pietermaritzburg? Dan het ons net die plek vir jou! Duvet & Crumpets bied luukse akkommodasie vir sakelui, gesinne, sportspanne, toeriste en meer teen bekostigbare pryse.

Ons verblyf-opsies wissel van B&B tot selfsorg en is geskik vir individue, groot groepe of gesinne. Die kamers is mooi gemeubileer en elke kamer het sy eie TV met sekere DStv-kanale. Meeste van die gastehuis se kamers is en suite met sy eie TV en elke kamer het koffie- en teemaakgeriewe. Let asseblief daarop dat ons gesinskamers nie luukse kamers is nie.

Elke selfsorg-eenheid is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster en breekware. Linne word voorsien en 'n wasgoeddiens is beskikbaar teen ekstra koste. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Die tuinkothuis het 2 slaapkamers, 'n sitkamer, 'n eetkamer, 'n kombuis en 'n volledige badkamer. Die kothuise is ten volle toegerus en is ideaal vir kort of langer verblyf.

Duvet & Crumpets is baie gerieflik geleë in die noordelike voorstede en is naby al die geriewe van Maritzburg, soos die Royal Skougronde, Victoria Country Club, Midlands Mall en die Stadsaal waar die Comrades en fietswedrenne begin.

Om sekuriteitsredes laat ons net betalende gaste op die perseel toe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Helena J
5.0
Dit was gerieflik, skoon en veilig. Hulle verskaf veilige en skoon akkommodasie. Dit was 'n voorreg om hulle diens en vriendelike personeel te ervaar....
Sien meer
Okt 2023
Mariette P
Gesin met tieners
5.0
Gemaklik, skoon en netjiese plek. Ons het 3 aande oorgebly vir 'n rugbytoernooi en het heerlik geslaap en als was daar wat ons benodig het!
Apr 2023
Nico M
Saam met vriende
5.0
Baie rustig en lekker. Baie gemaklik en stil.
Mrt 2023
Willie V
Gesin met tieners
4.8
Dit was skoon en netjies. Alles was skoon en netjies en ons het die fasiliteite geniet - net een ding moet onder die eienaars se aandag gebring word, ...
Sien meer
Apr 2024
Radia B
Gesin met klein kinders
4.6
Would recommend to others. Place was perfect for a short stay, centrally located too.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Desray Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Freelands Place 1, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Duvet & Crumpets het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Freelands Place 1, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIzYzEyZTE3LWFiNGUtNGFkZS05ZmFhLWI3M2VkY2JhYzkxZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 59 5 1 5 1 Freelands Place Wembley 3201 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.5982585 30.3599258

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang