Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

DuVon Farmhouse

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: DuVon, Goree, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die DuVon Plaashuis is sorgsaam gerestoureer en verdeel in aparte eenhede, tussen die wingerde en tuine van 'n pragtige familie-wynplaas. Dis sowat 40 km van Worcester en 10 km van Robertson af in die pragtige vallei van wyn en rose.

Die stoepe het uitsigte oor die tuin tot by 'n pragtige swembad wat op sy beurt 'n uitsig het wat oor 100 hektaar wingerd en verder strek.

Elke eenheid het 2 slaapkamers, elk met sy eie badkamer. Albei eenhede het oopplan-kombuise wat met hul eet- en sitareas aaneen skakel. Die kombuiskaste beskik oor alles wat jy benodig vir selfsorg, en daar is 'n stoof en oond, yskas, mikrogolfoond en broodrooster, asook koffie- en teemaakgeriewe.

Hierdie huis is voorbereid vir beurtkrag en het ononderbroke WiFi-toegang, omsetters vir die ligte, televisie en waterpompe, gasstowe en 'n ketel van vlekvrye staal in die geval van kragonderbrekings.

Hierdie eenhede is apart van mekaar en volledig toegerus.

Indien gaste 2 aande of meer bespreek ontvang hulle 'n komplimentêre bottel wyn en varsgebakte broodjie met aankoms.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 93 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Sumaria B
5.0
Perfekte wegbreek na rustigheid. Perfekte ligging teen 'n baie bekostigbare tarief. Die plekkie is ruim en beskik oor die basiese geriewe en is goed i...
Sien meer
Feb 2024
Helena F
Gesin met klein kinders
5.0
Luukse wegbreek teen bekostigbare prys. Ons het heerlik gebly. Die eenheid is goed toegerus en netjies. Ons het die groot grasperk en swembad baie gen...
Sien meer
Jan 2024
Bertus H
Saam met lewensmaat
5.0
Luukse luilekker vakansie op jou 'eie' wynplaas. Die plekkie is fantasties ingerig, tot die kleinste detail. Daar was tot 'n varsgebakte brood met bot...
Sien meer
Nov 2023
Anna M
Saam met vriende
5.0
Uiters rustige en pragtige verblyf. Perfekte ligging, uitkyk oor wingerde en berge, so rustig. Verblyf het ruime kamers en badkamers en is goed toeger...
Sien meer
Nov 2023
Rachelle K
5.0
Uitstekend. Die eenheid is goed ingerig, skoon en netjies. Ons is baie vriendelik ontvang. Die uitsig op die wynlande is onverbeterlik. Ek kan hierdie...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Laura Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 93

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • DuVon, Goree, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink DuVon Farmhouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: DuVon, Goree, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqUMsvzao14dpz1ysvEhL0wNhMoNYTXGrtfsvgnuqWk6Xtts9cK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense 93 5 1 5 DuVon Goree 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.812965365308 19.785035848618

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang