Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Duwisib Guest Farm & Camping

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Adriaan A
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Kombineer 'n geskiedkundige besoek met 'n pragtige blyplek. Duwisib is baie meer uniek as wat mens met die eerste oogopslag sal lees. Die geskiedenis van hierdie plaas is byna so oud soos Namibia en die gasteplaas se geboue weerspieël hierdie geskiedenis. Die oorspronlike Duwisib-kasteel staan soos dit gebou en bewoon is en is binne loopafstand van die gastehuise. Die uitsig van die hoofgebou is na die weste en daar is min plekke op aarde wat 'n beter sonsondergang kan bied as westelike Namibia. Duwisib gasteplaas is effe hoog geleë en die uitsig oor die Namibwoestyn tot die son ondergaan is uitstekend. Daar is pragtige buite sitplekke en ook braaiplekke om dit van vroeg namiddag al te kan geniet. Die bestuur hou hulle vinger op die pols en alles is in uitmuntende kondisie. Die bestuurder ken die geskiedenis en stories van die omgewing en die land. Dit is 'n plesier om na hom te luister. Hy is volledig drietalig en kan die meeste gaste in hulle eerste taal met oulike stories vermaak. Etes in die restaurant is geurig en meestal een of ander wildsgereg gekombineer met plaaslik beskikbare groente plus stysel. Die kamers is nuut, ruim en pragtig skoon. Daar is nie iets wat mens negatief kan laat voel nie. Mense sal dalk wonder oor die feit dat daar nie lugversorging is nie, maar die ervare Namibier sal gou kan vertel dat die getroue westewind vanaf die see elke namiddag 'n koue luggie inbring wat jou eerder na 'n trui sal laat gryp as die lugversorging aanskakel. Duwisib gasteplaas kan ek aanbeveel sonder om te twyfel en ek sal die plek met graagte weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Pat C
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

. Geen verdere kommentaar. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dawid T
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

Die mooiste kampplek! Baie skoon eienaar Christian het uit sy pad uit gegaan. Dit was een van die koudste aande. Daar was oorspronklik nie krag nie, maar hy het vir ons 'n krag punt gereël sodat ons ons elektriese komberse kon aansit om warm te bly in die nag! Sal seker weer daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lutz S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2024

Nature at its best. We felt very welcome. A big thank you to Justine, who made the most delicious buffet in the evenings.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jan H
1 nag Gesin met klein kinders
4.6
Jan 2024

Die verblyf was rustig. Die verblyf was lekker en baie rustig.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marietjie R
1 nag
5.0
Des 2022

Netjies, skoon en rustig. Duwisib het 'n pragtige kamparea. Die badkamers is lieflik skoon en netjies ingerig. Daar word werklik baie moeite gedoen om dit so gemaklik as moontlik vir die gaste te maak. Die kampeerarea is netjies gehark, skoon met lekker braai en was fasiliteite. Ek sal Duwisib aanbeveel, dit was heerlik om daar te oornag en met ons vriende en familie te kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liezl S
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2022

Mooiste sonsopkoms. Was heerlik! Na 'n lang reis die beste gewees om te kon terugsit en tjoppie te braai.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anton S
1 nag Saam met vriende
4.8
Jul 2022

Oornag op pad na Luderitz. Ons was 4 paartjies wat oornag het by Duwisib. Alhoewel dit baie koud was, was die geriewe puik. Die yskas was bietje van 'n probleem a.g.v die grootte.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

John B
1 nag Saam met vriende
4.6
Des 2022

Aangename verblyf. Vriendelike ontvangs. Het ons selfs ons gehelp deur vleis aan ons te verkoop.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Etienne D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jun 2022

Vir die ligging en die prys is Duwisib 'n ideale verblyfbasis. Die doel van ons reis was om Sossusvlei te besoek. Nader verblyfplekke is baie duur. Dus het ons Duwisib as basis gebruik, waarvandaan ons vir die dag met die C27-roete na Sossusvlei gereis het en toe weer terug na Duwisib met die C19 roete. Die geskiedkundige kasteel, ander geboue en die perdekraal is baie interessant, die plek is baie billik geprys en bied alles wat nodig is vir selfsorggeriewe.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Christian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R 390
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 390
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 64 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Duwisib Plaas, Alt Duwisib, 0000, Hardap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfEuEaItMOSHdVcyapjDVlyPczoGkApIeZCAiPMUOXwBv6mrhtR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R390 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Farm Duwisib Alt Duwisib 0000 Hardap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.255641808372 16.544036732936

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang