Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

D.V. Engelhijs

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 36, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Verblyf reg by die see! Stap net oor die straat dan is jy op die strand! Word wakker met die geruis van die see wat so te sê op jou voorstoep is! Geniet 'n skemerkelkie op die stoep terwyl jy die sonsondergang dophou. Die eenheid is stapafstand van verskeie restaurante af geleë. D.V. Engelhijs bied gerieflike selfsorgverblyf in die pragtige historiese vissersdorpie Paternoster, met sy afgewitte huisies, lang uitgestrekte strande en asemrowende sonsondergange.

Verblyf word in smaakvol ingerigte eenhede, wat met spesiale kunswerke versier is, gebied. Die eenhede beskik oor slaapkamers met koningingrootte-beddens, badkamers en kombuise wat vir selfsorg toegerus is. Elke eenheid het 'n TV, sy eie ingang, asook 'n privaat patio en braai-area. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gaste het ook toegang tot parkeerplek op die perseel voor die huis.

Paternoster bied verskeie aktiwiteite soos seil, seilplankry, perdry, kajakvaart en e-fietse. Gaste kan die Cape Columbine Natuurreservaat, sowat 20 minute weg en die Weskus Natuurreservaat, sowat 45 minute weg, besoek. Vir die gholf-entoesiaste is daar 'n gholfbaan in Langebaan, sowat 'n halfuur weg en een in Shelley Point, wat net 20 minute ver is.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 218 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Frits V
Saam met lewensmaat
5.0
Jinne - fantastiese ligging! Lekker gebly, dankie!
Nov 2024
Andre V
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut uitstekend. Weereens soos voorheen baie lekker. Netjiese plek, met alles wat jy nodig het. Werklik 'n plesier om daar te bly (wanneer jy kan ...
Sien meer
Nov 2024
Madeline E
Saam met lewensmaat
5.0
N moet as jy Paternoster besoek. 2 nagte is te kort. Absolute fantastiese verblyf. Ons het heerlik gekuier. Gebly.
Nov 2024
Vanessa M
Saam met lewensmaat
5.0
Very relaxing. Very relaxing and great views from the comfort of the house.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Sharon C
Saam met vriende
5.0
Lekker. Baie lekker gebly en gekuier in 'n baie netjiese lekker oorkant 'n restaurant.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jax Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 218

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Strandloperstraat 36, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink D.V. Engelhijs het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 36, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd599c1857eb5f964dc90ef85e6479c0c015788eb216526b3d72c168815fac866e99608d852bb8d1256d924415a12d099eb8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 218 5 1 5 36 Strandloper Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.807984 17.893465

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang