Dwarswegstrand Home
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: GG Cilliestraat 27, Bothastrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Vanaf R4 180 per nag (plek vir 15)
Beskrywing
Dwarswegstrand Home is naby Groot Brakrivier tussen Glentana en Mosselbaai geleë. Hiér heers 'n rustige atmosfeer, die klimaat is lieflik, en die strande is mooi skoon.
Die huis is smaakvol versier en ruim. Dit beskik oor 7 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Drie van die slaapkamers het dubbelbeddens, 2 van die kamers het elk 'n koninggrootte-bed, 1 kamer het 'n enkelbed en daar is 'n kinderkamer met 4 enkelbeddens. Daar is 2 en suite-badkamers met storte en die aparte badkamer wat gedeel word tussen die ander kamers het 'n bad.
Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien en keramiek-breekware wat met die hand gemaak is. Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n eetarea met 'n eetkamerstel vir 10 mense en 'n woonkamer-area met gerieflike sitplek.
Die binnebraai-area het 'n gerieflike hoekbank en buite is daar nog 'n braaiplek op 'n dek met 'n see-uitsig. Verder is daar 'n enkelmotorhuis en ekstra parkeerplek op die perseel.
Dwarswegstrand Home is net 150 m van die strand af, 4.7km van Grootbrak rivier lagoon en 3,3 km vanaf Glentanastrand.
Doendinge in die omgewing sluit skubaduik, bootvaarte, perdry, vlieërbranderry, wynproe en visvang in. Die kinders kan ure op hulle fietse spandeer in die veilige strate van Dwarsweg strand of na Reebokstrand se getypoele of Grootbrak-rivier se strandmeer gaan vir optimale pret. Bespreek die Diaz-express na Hartenbos of besoek die Bartholomeu Dias-museum in Mosselbaai. Pak jou stapskoene of biergfiets en geniet die asemrowende roetes in die Witfontein Reservaat in George.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Kinderstapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Mikael Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- GG Cilliestraat 27, Bothastrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink Dwarswegstrand Home het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Bothastrand Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: GG Cilliestraat 27, Bothastrand, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang