Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eagle Creek Resorts

  • Kapasiteit: 37 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 1, Eagle Creek Resorts, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Vanaf R960 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Eagle Creek Resorts is op die pragtige Panoramaroete in Sabie geleë en word deur watervalle en die Mauchsbergreeks omring. Dié lodge bied selfsorgverblyf in Self-sorg Chalets aan met slaapplek vir 2 tot 6 gaste per kothuis. Die lodge is motorfietsvriendelik en kan groot groepe van tot 37 gaste akkommodeer. Daar is 'n groot grasperk, 'n groot gemeenskaplike swembad, 'n klimraam vir die kinders, veerpyltjies, 'n snoekertafel en 'n vlugbalbaan gratis vir gaste om te geniet. Daar is ook 'n restaurant en 'n kroeg op die perseel by die swembad. Spesiale Funksies kan op versoek gereël word.

Elke eenheid het enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad of 'n stort. Alle linne word voorsien. Gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke en ekstra komberse in die winter seisoen saambring indien nodig. Die volle DStv-pakket is in die gemeenskaplike area beskikbaar en daar is 'n veerpyltjiebord en 'n pooltafel vir gaste om gratis te geniet.

Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe ten volle toegerus is. Gaste het ook toegang tot privaat braaigeriewe, asook parkeerplek by elke eenheid en gratis WiFi is beskikbaar. Die lodge bied 'n gratis daaglikse skoonmaakdiens, behalwe op Sondae. Die lodge word deur 'n elektriese heining met hekbeheer omring en daar is ook nagwagte. Een alternatiewe lig word per kothuis voorsien vir krag onderbreukings ,en die terrein word belig deur solar ligte.Asook 'n 7500L watertenk wat beskikbaar is vir gebruik tydens dorps wateronderbrekings.

Die lodge is tussen Sabie en Graskop geleë. Dit is minder as 1 km vanaf Sabie-watervalle, slegs 11km vanaf die gewilde Lonecreek waterval en 8 km vanaf die MacMac-waterval. Die lodge is 65 km vanaf die Krugerwildtuin geleë en slegs 20minute se ry na die gewilde , God's Window en die Graskopkloof-hysbak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.1
Wat gaste dink
Emile T
5.0
Mooi ontspannende woning. Die plekkie is mooi ingerig. Daar is verbeterings wat gemaak moet word, maar hulle is besig. Die plekkie was skoon en mooi.
Aug 2024
Sydney M
5.0
Fantastic. Great stay, would recommend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Louis B
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike, pragtige plek, hulpvaardig, sal def. aanbeveel . Ons verblyf was memorable. Dankie vir puik diens. Baie mooi plek.
Aug 2023
Ruan S
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, goeie diens en skoon terrein. Uitstekende plek. Sal dit definitief aanbeveel aan mense wat ek ken.
Jul 2023
Ashley J
Saam met vriende
4.8
Excellent. We had a great stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Monique Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hoofweg 1, Eagle Creek Resorts, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Eagle Creek Resorts het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R960
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R960
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 37 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 1, Eagle Creek Resorts, Sabie, 1260, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA452dcae22043eb46a2e4fe423139ba680288e0559e4cf0a6a28b0f929eeb3e1b30ffd6ac5fb7d5419f7d967933bd333452d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R960 per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 1 Main Road Eagle Creek Resorts 1260 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.084690151386 30.786654214473

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang