Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eagle View 1

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R540, Beaumont-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Eagle View 1 is 'n luukse houthuisie bo-op 'n berg met 'n panoramiese uitsig oor die skilderagtige vallei. Dit is die perfekte, afgeleë wegkruipplek vir paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek, 'n wittebrood op die berg, 'n huweliksherdenking of vir iemand wat net van die stadsgeraas wil wegbreek.

Die huis skuil op die Beaumont-plaas op die Steenkampbergreeks en die plaas grens aan die Walkerson's Privaat Landgoed, net 9 km vanaf Dullstroom.

Die smaakvol versierde oopplan-huis het 'n leefarea met 'n koninggrootte-bed met luukse, wit linne, 'n badkamer met 'n binne- en buitestort, 'n sitarea met 'n slaapbank en 'n eethoekie, 'n kombuisie en 'n boma met braaigeriewe. Die kombuisie is met 'n yskas, oond en 'n stoof toegerus. Buite is daar 'n houtvuurwarmbad met 'n pragtige uitsig.

Die natuurlike klipmure, houtafwerkings en stylvolle dekor komplementeer die natuurlike omgewing en landskap wat die huis omring. Gaste sal saam met 'n ongelooflike sonsopkoms wakker word, op mistige dae snoesig opkrul soos die wolke die area omvou, of sommer net met 'n skemerkelkie op die houtdek die sonsondergang sit en bewonder. Die huis se voorkant bestaan uit glasstapeldeure wat oopvou, 'n pragtige uitsig oor die landskap bied en 'n vars berglugbriesie inlaat.

Die huis is noukeurig ontwerp om die impak op die omgewing so min moontlik te hou. Die huis is ook onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en gebruik natuurlike waterbronne en kragopwekkers wat met batterye en gas werk. Daar is 'n gasverwarmer en redelike selfoonsein.

Eagle View-houthuisies is op 'n afstand op Beaumont-plaas, hoog op bergterrein geleë en kan met 'n 4x4-voertuig of privaat helikopter bereik word. Die pad vanaf die Beaumont Plaas-ingangshek na die huis is slegs toeganklik met 4x4-voertuie met 'n hoë grondvryhoogte. Gaste kan op versoek teen 'n ekstra koste na die verblyf vervoer word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Pieter C
Saam met lewensmaat
5.0
Wanneer kom ons weer? Dit was uit die boeke. Ons het lekker gebly, geswem en gebraai. Mens het regtig nie 'n TV nodig met so 'n uitsig nie.
Okt 2024
Marthinus C
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike ervaring. Uitstekende wegbreek vir enige iemand.
Jul 2024
Louan V
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend! Sterkte om te besluit of jy na 1 of 2 wil gaan, beide regtig ongelooflik! 1 dalk 'n tikkie meer privaatheid en 2 dalk 'n tikkie beter uits...
Sien meer
Okt 2023
Robert S
Saam met lewensmaat
5.0
Was net ongelooflik perfek. Sal vir seker weer Eagle View 1 bespreek. Mees ongelooflike ervaring.
Sep 2023
Deon J
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing! Amazing! Also, very well stocked for a self-catering unit. The KolKol tub is easy to use and the water stays hot for a surpris...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Audrey Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 61

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Langs die R540, Beaumont-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Eagle View 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R540, Beaumont-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA53bfb3bded5e68081b8056b04b6dc5f482207228299338fbe6ed2f5ab353fa0054df9953fc7c454b5baf99819d68a3e7fc0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2) 27 5 1 5 Off the R540 Beaumont Farm 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.390409846253 30.172531495701

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang