Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eagles Nest Accommodation

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R62, Waterkloof Plaas, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 600 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Eagles Nest Accommodation is 'n selfsorghuis wat aan die buitewyke van Ladismith in die Klein Karoo geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Dié huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, dubbelslaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die uitgestrekte oopplan-leefarea het 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 4 met stoele en lei verder na die sitarea met gemaklike rusbanke.

Die stoep bied 'n uitsig oor die dam en gaste kan binne of buite braai en die natuurskoon geniet.

Gaste kan op die dam kanovaart en daar is toegang tot voetslaanroetes. Verder is ander aktiwiteite, soos bergfietsry en visvanggeleenthede ook naby.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Shaun B
Saam met vriende
5.0
Amazing views. We had an excellent stay!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Theresa E
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gekuier en sal beslis weer gaan. Wat 'n pragtige plek - alles wat jy nodig het weg van die huis was daar.
Nov 2024
Marcelle P
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het oornag gebly na ons 'n troue bygewoon het in Ladismith. Lieflik! Spyt ons kon nie langer bly nie. Belinda is baie gasvry. Perfekte plek geleë ...
Sien meer
Sep 2024
Johan F
Gesin met tieners
5.0
Asemrowende uitsig. Pragtige huis. Pragtige huis. Skoon en netjies. Asemrowende uitsig oor vallei, berge en dam. Vriendelike ontvangs. Grondpad na hui...
Sien meer
Sep 2024
Leon D
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende waarde vir geld en algemeen onverbeterlik. Fantastiese plek. Een van die beste wat ek en my vrou nog by was. Ongelooflike uitsig en baie n...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Belinda Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 11 maande

Ligging

  • R62, Waterkloof Plaas, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eagles Nest Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 600
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 5 600
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R62, Waterkloof Plaas, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf23dae89be92bda548d1885ac733177b3d8a571f8a5f417932150d6c1adde03812f8d569ea358e7d8c729c97c840e30ebb68?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 600 per nag, vir 8 mense 7 5 1 5 R62 Waterkloof Farm 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.478465442501 21.264339690567

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang