Eagle's Sea View
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Noorsekloof-weg 151, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Eagle's Sea View is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Wavecrest, Jeffreysbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir óf 'n groot gesin óf 'n groep vriende, want hierdie eiendom spog met pragtige see-uitsigte in die verte.
Hierdie eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 volwassenes en 2 kinders op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is in die opwaskamer beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n omheinde patio met 2 enkelslaapbanke vir kinders en 'n ingeboude braai. Deur die skuifdeur is 'n onderdakbalkon met 'n buite-etenstafel wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy die see-uitsigte geniet. Gaste kry veilige parkeerplek in 'n dubbeltoesluitmotorhuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Noorsekloof-weg 151, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Noorsekloof-weg 151, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang