Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Earthy Inn

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oudtshoornstraat 846, Wingate Park, Pretoria, 0153, Gauteng
  • Vanaf R680 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Earthy Inn is 'n knus selfsorgkothuis met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom in Wingate Park wat sowat 15 km vanaf Pretoria se sakekern is. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n paartjie of 'n klein gesin aangesien dit naby baie geriewe en besienswaardighede geleë is.

Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n eenplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met 'n dubbelslaapbank.

Buite is daar 'n privaat tuinruimte met buitesitplek en braaigeriewe waar gaste met 'n skemerkelkie kan ontspan. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel vir 1 voertuig. Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 10 km vanaf winkelsentrums, 'n poskantoor, wegneemete-restaurante, 'n wildreservaat, 2 hospitale en 3 gholfbane.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Ekstras

  • Kroegyskas
  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Adre J
Gesin met tieners
5.0
Vir seker elke rand werd. Dit was 'n wonderlike aand gewees, het so lekker gebly. Sal vir seker weer daar bly. Eienaar is vir seker so vriendelik.
Okt 2024
Melani V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie skoon, netjies en ruim. Baie vriendelike ontvangs en beslis waarde vir geld. Baie skoon en netjies.
Aug 2023
Kim O
Besigheidsreis
5.0
Peaceful. Will definitely be back. Thank you, Hendry.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023
Sharon P
Saam met vriende
5.0
Gasvryheid en vriendelikheid. Baie netjies en alles wat nodig is. Ons gashere het seker gemaak ons kry vooraf padaanwysings, reëlings rondom sleutels,...
Sien meer
Jun 2023
Tinus V
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlik. Baie netjies en skoon. Die eienaar het werklik moeite gedoen om alle inligting deur te gee.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Hendry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Oudtshoornstraat 846, Wingate Park, Pretoria, 0153, Gauteng
  • Gaste dink Earthy Inn het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R680
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R680
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oudtshoornstraat 846, Wingate Park, Pretoria, 0153, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb3a6c2c9c797100a9f89f02162a3b3941a6b2ba3d5636a4525b6c9a356f2c4224bd7bb4a623f4f6c6e83c609f60339dfa071?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R680 per nag (plek vir 4) 8 5 1 5 846 Oudtshoorn Street Wingate Park 0153 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.82711 28.2634202

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang