Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ease@Epa Valley Farm Stay

  • Kapasiteit: 135 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Camp Trevor Ptn 25, Doornhoek 344JT, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Vanaf R150 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ease@Epa Valley Farm Stay is op die platorand bokand Emgwenya. Dit word deur 'n 1,5 km lange grondpad bereik en is net 6,5 km weg van Waterval Boven/Emgwenya Elandsrivier Waterval. Met die rustigheid en pragtige natuurskoon is dit 'n oornagplek vir rugsakreisigers, gesinne of 'n groep vriende. Dit is die ideale oornagplek vir reisigers op pad na of terug van die Kruger Wildtuin, die Laeveld of Mosambiek.

Dié bekoorlike verblyf is uit 'n gewone melkplaas omskep en die verblyf bied 'n keuse van selfsorgeenhede, bed en ontbyt-opsies, kamers om te deel, slaapsale en losstaande, selfsorghuis vir 'n gesin.

Vir die jongspan is daar 'n groot grasperk waarop hulle kan speel en daar is ook ’n klimraam wat sigbaar is vanaf die eenhede. ’n Wasgoeddiens is beskikbaar op versoek teen ’n addisionele koste en dit kan deur die bestuur gereël word.

Veld- en bergfietsroetes is beskikbaar, asook veilige staproetes in die berg of al langs die Elandsrivier na die ongerepte vang-en-vrylaatdamme. Gaste kan ook die geheime klipsirkel op een van die roetes op die perseel verken of 'n bietjie rotsklim by van die wêreld se beste bestemmings hiervoor net 'n paar kilometer ver.

Daar is ook 'n geregistreerde buitelug-skietbaan vir beide gewere en pistole. Let asb. dat slegs geregistreerde en wettige vuurwapens toegelaat word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Sthembile M
Gesin met klein kinders
5.0
Love it. Host is friendly and kind.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Thys T
5.0
Baie lekker gewees. Baie lekker gebly en vriendelike mense.
Mrt 2024
Christian R
Gesin met tieners
5.0
Rustig en lekker. Ons het baie lekker gebly. Het reeds bespreek vir volgende jaar.
Mrt 2024
Frank S
Gesin met klein kinders
5.0
Was rustig en stil met baie mooi uitsig. Het lekker gebly, het geen klagte nie.
Des 2023
Valerie L
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustig op die plaas. Dit was lekker om net rustig op die plaas te ontspan vir die nag. Alles wat ons nodig gehad het was beskikbaar. Lekker kof...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Raymond Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Camp Trevor Ptn 25, Doornhoek 344JT, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Gaste dink Ease@Epa Valley Farm Stay het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 150
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 150
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 135 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Camp Trevor Ptn 25, Doornhoek 344JT, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA71a04c969315bea4a6e9b703ae661009e7b8e8f731a231bdba34b847f024f047a7b9349575f6bc95bd02cde4ab0029cad5f1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R150 per nag, vir 2 mense 43 5 1 5 Camp Trevor Ptn 25 Doornhoek 344JT 1195 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -25.645088994743 30.314294305557

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang