Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ebenezer Guest House

Gastehuis
Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 47 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Kruger-straat 23, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R790 R711 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ebenezer Guest House bied skoon standaardverblyf vir gaste wat nie té puntenerig is nie.

Dit is in Colesberg geleë wat 'n gewilde halfpad-oorslaapplek tussen Johannesburg en Kaapstad is. Die gastehuis het 10 slaapkamers, elkeen met 'n en suite-badkamer, TV, tee- en koffiegeriewe en. Die kamers het elkeen lugversorging — perfek vir die somermaande.

Ná die uitputtende rit kan gaste 'n verfrissende swemsessie in die swembad geniet. Braaigeriewe is beskikbaar, maar daar is ook goeie restaurante in die omgewing en 'n winkel oorkant die pad. Dit is maklik om die Ebenezer-gastehuis te vind omdat ons naby die N1, waar die N1 en N9 ontmoet, geleë is.

Colesberg lê in tipiese Karooveld en word omring deur koppies. Die bekendste koppie is Coleskop wat oor 'n afstand van 40 km gesien kan word. Daar is ook 'n 9-putjie-gholfbaan met uitdagende Karoo-skoonvelde, maar goed versorgde gras en goeie klubhuisgeriewe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Op Die Straat

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 110 resensies

Goed

Netheid
3.9
Ligging
3.9
Waarde vir geld
3.3
Diens
3.6
Veiligheid
3.8
Gaste se hoogtepunte
Mariette P
Gesin met tieners
5.0
Pleasant rest. Pleasant stay, rested well.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Deon V
Saam met vriende
5.0
Baie goeie diens. Baie lekker gebly, baie veilig.
Apr 2024
Nicolene P
Gesin met klein kinders
4.8
Was plesierrig en gasvrou was behulpsaam. Het baie lekker gebly.
Mrt 2024
Beverley L
Gesin met klein kinders
4.6
Sal weer daar wil tuis gaan. Kliënte diens kan ek nie rate nie, daar was nie regtig tyd om te interact nie, maar ek glo dit sou puik gewees het as hul...
Sien meer
Apr 2023
Chris V
Gesin met klein kinders
4.6
Was lekker. Hoofhek was nie gesluit deur die nag soos gesê is nie.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.7/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 111

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • President Kruger-straat 23, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Ebenezer Guest House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R790
R790 R711
per nag, vir 2 mense
Vanaf R790
R790 R711
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 47 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Kruger-straat 23, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk0NGFiZTQ0LTI3MTEtNDExMS04MTkwLTQ1M2VjMjAzNzQ2NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R790 nouVanaf R711 per nag, vir 2 mense 110 5 1 4 23 President Kruger Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.72566035434 25.093953609467

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang