Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

EdelRose

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edelingstraat 12, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R495 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

EdelRose is in Universitas, Bloemfontein geleë. Die eiendom bied 4 woonstelle, Cosmos Sakpas, Aloe n Rose, Flora Comfort en Fauna Overnight en elkeen het 'n privaat ingang. Gaste in Aloe n Rose het toegang tot 'n privaat en omheinde tuin. Fauna en Flore het hulle eie privaat stoepe.

Die Cosmos Sakpas bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die eenheid het ook DStv, WiFi, 'n waaier, toegang tot 'n privaat sitarea en 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf, kookplaat en eetgerei toegerus is.

Aloe n Rose bied slaapplek aan 4 gaste. Die eenheid het 'n ruim gemeenskaplike area en 'n afgeskorting wat die dubbelbed en die 2 enkelbeddens in die leefarea van mekaar skei. Daar is 'n dubbelbed in die slaaparea en 2 enkelbeddens in die leefarea. Die badkamer het 'n stort. Die aparte kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n kookplaat toegerus. Daar is ook 'n TV met DStv Premium, 'n staanwaaier en 'n muurverwarmer. Die eenheid lei na 'n privaat tuin.

Flora Comfort bied slaapplek aan 3 gaste. Die eenheid het 'n dubbelbed en 'n enkelbed vir 1 kind. Die gemeenskaplike area het 'n lessenaar, slim-TV met Netflix, 'n muurverwarmer en 'n waaier teen die muur. Die aparte kombuis is met 'n ketel, breekware, mikrogolfoond, kookplaat en 'n yskas toegerus is. Die badkamer het 'n stort. Let wel dat daar 'n trappie in die badkamer is met die wasbak en stort op 'n hoër vlak. Die eenheid lei na 'n privaat stoep.

Fauna Overnight bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n yskas, mikrogolfoond, kookplaat, 'n TV en WiFi. Die eenheid het sy eie stoep met 'n wasbak.

Daar is veilige parkeerplek, 24 uur-sekuriteit, 'n braai-area, gratis WiFi en draagbare braaigeriewe. Daar is 'n omsetter en batterystelsel wat die ligte, TV, WiFi en die waaier aanhou. Buitelug-gasgeriewe is vir verhitting tydens beurtkrag beskikbaar. Daar is ook 'n rugsteunwaterstelsel vir wateronderbrekings.

EdelRose is naby die N1. Die eiendom is naby 'n winkelsentrum, Universiteit van die Vrystaat, Vrystaat-stadion en Universitas Hospitaal.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 138 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Jabulani M
5.0
Super. The place was quiet, no pets, easy access, clean, and WiFi good.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Nicolene F
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend. Ja, baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal Edelrose enige tyd aanbeveel. Lekker sentraal in Bloemfontein. Baie lekker gebly.
Mei 2024
Anne-marie D
5.0
Aangenaam. Alhoewel dit klein is, het dit alles wat jy nodig het vir 'n aand of twee se oorslaap in Bloem. Die kamer het heerlik geruik met ons aankom...
Sien meer
Apr 2024
Mercia M
5.0
Exactly what I required. Very comfortable. Everything I needed. The host is a real gentleman.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Ronel G
5.0
Hier is wat mens benodig, dalk nie modern nie maar dis skoon, netjies en vriendelik. Nie modern nie, maar lekker, alles werk, skoon met daaglikse vrie...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Fred Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 605

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Edelingstraat 12, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink EdelRose het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R495
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R495
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edelingstraat 12, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5102c66eb9c60b44d3b5e60611d91ed0a7ca008017b4c8411c83626a8a9a88dcc66f56310e81faf952e5a9f55f9fe28a1a6b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R495 per nag (plek vir 2) 138 5 1 5 12 Edeling Street Universitas 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.124572803126 26.177147550926

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang