Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eden Safari Country House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oribistraat 1202, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Eden Safari Country House is in Marlothpark geleë, in 'n Afrika-bosveld wat 4000 hektaar groot is. Die reservaat is langs die wêreldbekende Krugerwildtuin.

Hierdie huis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 volwassenes. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer emt 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde badkamer het elk 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Al die kamers het toegang tot die stoep. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Dit sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv, satelliet-kanale en 'n DVD-speler. Daar is ook 'n uitstekende biblioteek waar gaste lekker kan ontspan.

Daar is 'n plonspoel en buitebraaigeriewe.

Daar is 'n lekker hoë uitkykdek waar gaste die diere in area kan dophou. Die perseel het 24 uur-personeel. Daar is toesluitmotorhuise op die perseel.

Die watergat sal die diere tot op jou drumpel bring. Die sebras, kameelperde en 'n meerkat-familie kom gereeld vir ons kuier. Die voëllewe is ook asemrowend en voëlkyk-entoesiaste kan hul sommer van die balkon af waardeer.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Veronica F
Saam met vriende
5.0
Pragtig. Fantastiese verblyf en uitstekende diens.
Feb 2024
Danie M
Saam met vriende
5.0
Was uitstekend en bo verwagting mooi en lekker. Geriewe was meer as voldoende en gemaklik. Johnson, die helper, was uitstekend. Beveel Eden Safari Cou...
Sien meer
Jul 2023
Jan V
Besigheidsreis
4.8
Wonderlike bosveldgevoel en ontspanne na 'n dag se werk. Baie stylvol en gerieflik.
Aug 2023
Soene L
Gesin met tieners
4.8
Baie netjies huis met alles wat jy kan benodig. Huis is baie ruim, netjies en goed ingerig. Rossouw en Johnson gaan uit hulle pad uit om seker te maak...
Sien meer
Apr 2023
Annika P
Saam met vriende
4.4
'n Lekker rustige tyd in die bosveld. Ons het ons kuiertjie baie geniet. Die kliëntediens was uitstekend. Ek sal Eden Safari Country House vir enigeen...
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Rousseau Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 53

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Oribistraat 1202, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
  • Gaste dink Eden Safari Country House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oribistraat 1202, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd59e2deadfd53bc63210a26c91c6480c9747d3280fc1604bfa6cce8845a4fc70c7284c8fe9efa53870c4f821d81bc193721e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6) 53 5 1 5 1202 Oribi Street Marloth Park 1330 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.35804 31.76472

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang