Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eden Palms 8

Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 2, Eden Palms, Shaka's Rock, 4016, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 200 R1 980 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Eden Palms 8 is 'n lieflike selfsorgwoonstel met moderne kenmerke wat in 'n veilige kompleks in Shaka's Rock geleë is. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n wegbreek by die strand aangesien dit perfek geleë is vir gaste wat die Dolfynkus wil verken en dit spog met 'n gedeeltelike see-uitsig.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers met 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 'n en suite-stort. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Boonop het hierdie woonstel 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Deur die skuifdeure is 'n balkon waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet. Alle gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Gaste kry veilige parkeerplek reg voor die eenheid. Die ligging van hierdie eenheid is naby winkelsentrums, restaurante en talle toeriste-aantreklikhede.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 29

Resensies 11

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hoofweg 2, Eden Palms, Shaka's Rock, 4016, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Eden Palms 8 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 980
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 980
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 2, Eden Palms, Shaka's Rock, 4016, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc54d0b7f78050d4c3078501a3d2093ff220a2f98635b5248d75c60247dfe302f3fa511b35e9ce49e5f6268a595e56ba9edc0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 200 nouVanaf R1 980 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 2 Main Road Eden Palms 4016 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.512778 31.2292907

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang