Edenville Guesthouse
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Rikus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 61
Op LekkeSlaap 6 jaar
Opsomming van Resensie
Drieka L - Aug 2024
Algehele gradering
Baie lekker gebly. Veilig en skoon met vriendelike diens.
Wynand E - Jul 2024
Algehele gradering
Rustig.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Haai Wynand!
Sommer baie dankie vir die pragtige resensie - dit maak ons sommer bly om te sien wanneer ons gaste hul tyd by ons geniet het. Ons konsentreer daarop om die eiendom so stil en rustig as moontlik te hou ten alle tye.
Ons gaan binnekort begin opgradeer - hou dop!
Mooi gaan Wynand.
Groete
Rikus @ Edenville Gastehuis Lichtenburg
Hein D - Aug 2024
Algehele gradering
Als wat ons benodig het.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Hein!
Dit is die lekkerste ding om hierdie woorde te lees! Gastehuis bestuur se droom om so resensie te kry, baie dankie!
Ons is dankbaar dat jou tydjie by ons goed was en dat julle met 'n glimlag weg is - dis waarna ons streef!
Mooi gaan Hein, mag julle die vrugte van jul goedheid pluk!
Groete
Edenville Gastehuis Lichtenburg.
Hennie E - Jul 2024
Algehele gradering
Uitstekend.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Hennie.
Sjoe, sommer dankie vir jou uitstekende resensie ook! Wanneer ons so 'n resensie lees, maak dit ons sommer meer lus vir ons bedryf! Dankie dat jy jou goeie ervaring deel.
Ons begin binnekort opgradeer hier en daar - hou dop!
Mooi gaan Hennie,
Groete,
Rikus @ Edenville Gastehuis Lichtenburg
Anna M - Mrt 2024
Algehele gradering
Fantasties!
Edenville Guesthouse se terugvoer
Haai Anna!
Wat 'n goeie kompliment, dit is sommer lekker om jou resensie te lees - dit maak ons van voor af opgewonde oor ons bedryf!
Mooi gaan en veilig reis, waarookal jy mag gaan.
Senta E - Mrt 2024
Algehele gradering
Vriendelik, veilig en netjies.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Haai Senta, baie dankie vir jou vriendelike en opregte boodskap. Netjies is die grootste kompliment in ons industrie. Ons is besig om uit te brei - bly ingeskakel. Beste groete, Edenville Gastehuis.
Andras And Jacqui C - Aug 2024
Algehele gradering
A comfortable, clean and safe overnight stay. Good value for money.
Jurjen F - Aug 2024
Algehele gradering
Worth the money.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Jurjen,
Thank you for your review. I am so glad to see that we have succeeded in creating a comfortable place for an overnight stay - goal reached! Thank you so much for your support.
May you be well, Jurjen, wherever you may go. Safe travels!
My kindest regards to you,
Rikus, owner @ Edenville Guesthouse
Trevor F - Mrt 2024
Algehele gradering
Good stay.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Trevor
Thank you for your review and good score. We pride ourselves on the comfort our rooms offer and are always looking for ways to improve. We have considered air conditioning many times, and have always decided against it in order to keep our prices as low as possible. Perhaps we'll look into installing it in a few select rooms - thank you!
Our kindest regards to you. Safe travels!
Lesley S - Jan 2024
Algehele gradering
Not user friendly and I will not recommend it to anybody.
Lees meerEdenville Guesthouse se terugvoer
Hello Lesley
Thank you for your review. We're sad to hear that your stay with us did not meet your expectations.
Keep well and peace to you.
Edenville Guesthouse Management
Nicolene B - Aug 2023
Algehele gradering
Netjies en veilig.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Haai Nicolene
Netjies is die grootste kompliment in ons industrie - baie dankie.
Jou uitstekende resensie is boublokke vir 'n blink toekoms vir Edenville en sy span!
Ons is besig om uit te brei - bly ingeskakel.
Beste groete
Edenville Gastehuis Bestuur
Pauline O - Des 2023
Algehele gradering
Ons het regtig lekker gebly.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Pauline,
Baie dankie vir jou pragtige resensie. Wees asb verseker dat die persoon verantwoordelik aangespreek is en word nog steeds gemonitor - skoonheid en netheid is vir ons van absolute belangrikheid, en ons vra vir jou om verskoning dat dit deurgeglip het by jou.
Dankie, weereens, vir die goeie resensie en telling wat jy ons gee.
Mooi gaan, waarookal jy mag gaan. Ons beste vir jou.
Estie H - Feb 2023
Algehele gradering
Skoon, stil, netjies en flinke diens.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Estie
Baie dankie vir jou pragtige resensie, dit gee ons sommer nuwe lus vir die bedryf.
Dit was sommer lekker om julle hier by ons te hê, dankie vir jou mooi komplimente, dit gaan vêr.
Beste groete
Rikus en Alitia
Jakes D - Mei 2023
Algehele gradering
Baie netjiese kamer. Net jammer van beurtkrag.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Jakes
Baie dankie vir jou resensie. Ons vra groot om verskoning vir die gasstofie wat leeg was - soms glip daar iets deur.
Ons is tans besig met die proses om sonkrag te installeer, en vertrou dat dit die probleme gepaartgaande met beurtkrag sal oplos, veral die water krisis.
Ons is bly om te hoor jy het nog steeds lekker gebly en hoop om jou weer te sien
Groete
Rikus, Alitia & Arina
Rose T - Mei 2023
Algehele gradering
Netjies.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Rose
Dis sommer lekker om hierdie resensie te lees - baie dankie!
Ons is besig om uit te brei te danke aan pragtige resensies soos joune - bly ingeskakel!
Ons vriendelikste groete
Edenville Gastehuis Bestuur
Michael C - Apr 2023
Algehele gradering
An overnight place.
Lees meerEdenville Guesthouse se terugvoer
Hello Michael
Thank you so much for your constructive review.
We are truly sorry that your stay with us did not meet your expectations.
We always try our best to control noise levels and try to be selective regarding the guests we allow, but sometimes here and there it slips through the cracks.
We are aware of the noise the gate makes when opening and closing, and we are working on a solution to have it quieter - we were forced to put the metal sheets up due to ever-rising crime in SA - quite a sad situation.
We're sorry that you feel the kitchenettes are rudimentary - we aimed for basics only.
Thanks again for the constructive feedback and we wish you the best.
Kindest regards
Edenville Guesthouse Management
Yolande S - Des 2022
Algehele gradering
Oornag nadat ons geskubaduik het.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Yolandé
Sjoe, sommer lekker om jou resensie te lees, my glimlag reg rondom. Baie dankie.
Resensies soos hierdie en gaste soos julle gee sommer vir ons nuwe passie vir wat ons doen. Dit is werklik ons mikpunt saamgevat in jou mooi kompliment.
Hoop ons sien julle sommer hou weer wanneer julle weer kom duig is ons wondergat naby Lichtenburg.
Ons beste groete vir julle.
Rikus en Alitia
Elza H - Nov 2022
Algehele gradering
Baie goed.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Elza
Ons wil sommer sê: "Wow!"
Baie dankie vir jou pragtige kompliment en uitstekende resensie - dit gaan myle vêr en laat ons sommer net weer lus kry vir die bedryf en elke dag se dinge.
Ons is sommer verbaas. Baie dankie dat jy die tyd geneem het om so mooi resensie te skryf, dit beteken werklik vir ons die wêreld. Dit is vir ons die grootste plesier om gaste soos julle te kan huisves.
Groete en veilig reis, waarookal julle mag gaan.
Rikus en Alitia
Thabiso M - Okt 2022
Algehele gradering
Good.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Thabiso. It's hard to describe the feeling to see a 5-star review. Thank you so much. We have improved. Come see when you're in the area again. Have a fantastic day and holiday season. Kindest regards, Edenville Management.
Alex M - Sep 2022
Algehele gradering
Baie vriendelike diens, skoon, netjies, sentraal en veilig.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Alex
Baie dankie vir jou pragtige resensie - dit gaan myle.
Dit was sommer lekker om jou te kon huisves.
Vriendelike groete
Alitia & Rikus
Marieke D - Sep 2022
Algehele gradering
Was baie tevrede.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Marieke. Dit is sommer lekker om die 5 sterretjies op hierdie resensie te sien baie dankie. Ons het oorgelaat, per abuis, om vir jou ons verwelkomings boodskap te stuur. Ons is jammer jy het nie vooraf van die water geweet nie. Ons water is drinkbaar verklaar volgens die dorp se onlangse toetse, maar dit is baie kalkerig en bitter. Dankie vir jou voorstel. Ons het nou 'n boorgat ook. Kom kyk as julle weer Lichtenburg deurgaan. Beste Groete.
Tania V - Sep 2022
Algehele gradering
Puik diens en baie netjies.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hallo Tania
Dit was sommer lekker om julle hier by ons te kon hê. Dit maak ons bly dat julle die klein tydjie hier op die platteland geniet het.
Baie dankie vir hierdie mooi resensie, dit laat ons sommer lus voel vir nuwe dinge.
Mooi gaan.
Rikus and Alitia
Aïda V - Apr 2022
Algehele gradering
Pragtig, skoon, netjies, vriendelik, behulpsaam.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hallo Aïda
Baie dankie vir jou pragtige resensie. Ons probeer altyd vir elke kamer sy eie gevoel en dekor gee, jou kompliment teer die pad na verbetering.
Goed gaan met jou.
Ons vriendelikste groete
Jacques V - Mrt 2022
Algehele gradering
Rustig en privaat net soos ek dit wou hê.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Jacques. Baie dankie vir jou mooi resensie. Goeie diens is ons absolute uitgangspunt. Dit was sommer lekker om jou hier by ons te kon hê. Groete en mooi bly. Rikus
Olebogeng S - Feb 2022
Algehele gradering
Peaceful and welcoming.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Olebogeng. Thank you so much for this informative review, it means a lot to us. We try to keep it as safe as possible, and we believe in peace and tranquility. It was an absolute pleasure hosting you. Keep safe and happiness to you.
Dr Christo P - Feb 2022
Algehele gradering
Ek was daar vir 'n werksgeleentheid/opleiding en die gastehuis het voldoen aan my behoeftes.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Goeiedag Dr. Christo. Dankie vir jou aangename terugvoer, dit was 'n plesier om jou te akkommodeer. Vriendelike groete.
Corne R - Mrt 2022
Algehele gradering
Netjies en skoon.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Corne. Baie dankie vir jou mooi resensie - dis net wat mens wil hoor - ons is dankbaar. Dit was lekker om julle te kon huisves vir die nag. Groete, Rikus & Alitia
Liezil V - Apr 2022
Algehele gradering
Baie knus, netjies en alles wat mens nodig het.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Hettie
Sjoe, dis sommer lekker om jou mooi resensie te lees, dit is opbouend en gee nuwe energie vir die bedryf.
Baie dankie.
Mooi gaan.
Hélanie J - Feb 2022
Algehele gradering
Baie lekker gebly.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hallo Helanie, dit was sommer lekker om julle hier by ons te kon hê. Dankie vir jou terugvoer, ons standaard is vir ons top prioriteit. Ons beste groete.
Tilana K - Jun 2022
Algehele gradering
Gerieflik en Skoon.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Tilana
Baie dankie vir jou goeie resensie en ondersteuning, dit is opbouend. Ons konsentreer die meeste op die skoonheid en netheid van ons kamers, dit is sommer lekker om te sien dit word waardeer.
Ons beste groete vir jou.
Cherie V - Aug 2021
Algehele gradering
Heerlik gebly en was naby alles.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Cherie! Baie dankie vir hierdie pragtige resensie! Dit was sommer lekker om jul hier te kon hê - ons het so lekker gesels! Mooi gaan, gesundheit vir julle!
Nadia L - Mei 2021
Algehele gradering
Lekker gebly.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Dis sommer lekker om jou resensie te lees - baie dankie!
Raymond M - Apr 2021
Algehele gradering
It was fabulous.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Raymond. This is music to our ears.
Thank you for this great review. Hope to see you again soon.
Louwrie N - Mrt 2021
Algehele gradering
Skoon, netjiese kamers met vriendelike personeel.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Louwrie
Baie dankie vir jou mooi resensie. Jy noem presies waarna ons mik, baie dankie.
Dit was sommer lekker om jou hier te hê, ons hoop ons sien jou sommer gou weer.
Mooi bly, en veilig reis!
Magna B - Sep 2021
Algehele gradering
Baie gerieflik en mooi ingerig.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Andrew
Baie dankie vir jou mooi resensie.
Ons is vreeslik jammer dat die hek jou gesteur het, onthou dat ons vir jou B1 bespreek volgende keer.
Mooi gaan.
Cindy G - Des 2021
Algehele gradering
Wonderlik.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hallo Cindy, dit is sommer lekker om hierdie resensie te lees. Baie dankie vir jou mooi terugvoer, dit gee ons sommer weer nuwe lus. Ons vriendelikste groete.
Israel T - Apr 2021
Algehele gradering
Perfect and peaceful.
Lees meerEdenville Guesthouse se terugvoer
Hello Israel,
Thank you so much for your review.
Our geysers work on timers, but the water is always hot. If not at any time, we can override the timers should there ever be any issues. Our friendly staff is available anytime until 22:00. Apologies if you had an issue we weren't made aware of.
We do have heaters and other appliances too, available on request. Unfortunately, we were forced to remove loose appliances from all our rooms due to continuous theft. This is listed in the rules which are clearly visible in all our rooms.
Because of the age we live in with exceptional IT and seeing as we offer free, uncapped and unthrottled Wi-Fi, we do not see the need for telephones in our rooms. We do not have 24-hour reception, and therefore an intercom system will be redundant and will also not be viable for the low prices we offer.
Thank you though for your candor - it is appreciated.
Our best to you
Edenville Guesthouse
Tseliso Ernest Majoro M - Mei 2021
Algehele gradering
The place is not bad at all however the hot water must be reviewed time to time.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Thank you for your review - we have replaced one of our geysers and the problem has been sorted. Our sincere apologies for the inconvenience! Our best to you!
Ina O - Des 2020
Algehele gradering
Heerlik gewees
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Ina.
Baie dankie vir jou mooi resensie, hoop om jou sommer gou weer te sien!
Marian M - Sep 2020
Algehele gradering
Enjoyable.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Marian! Dis sommer lekker om hierdie resensie te lees - baie dankie! Dis altyd vir ons 'n bederfie as julle hier in Lichtenburg kom kuier!
Ons sien uit na die volgende keer! Mooi bly! Edenville Gastehuis
Claud W - Mrt 2020
Algehele gradering
The attention to customer requests were dealt with in a prompt manner.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Die aandag aan klanteversoeke is vinnig afgehandel.
Ek het ekstra ruimte benodig om administrasie te doen, die bestuur het dadelik met 'n toepaslike oplossing geantwoord.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hello Claud! Ons het sommer lekker gesels! Dit was werklik 'n plesier om jou by ons te hê! Ons sien uit na jou volgende kuier!
Helena V - Nov 2019
Algehele gradering
Skoon en netjies.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Helena
Dit is so lekker vir ons om jou resensie te lees. Baie dankie vir die mooi kompliment - dit motiveer mens sommer net meer. Ons sien uit na jou volgende kuier.
Monja R - Okt 2019
Algehele gradering
Fantasties!
Edenville Guesthouse se terugvoer
Monja! Dit verbly ons sommer om jou mooi komplimente te lees! Dis so lekker om jou hier te hê! Sien uit na jou volgende kuier!
Larissa S - Aug 2019
Algehele gradering
Gerieflik.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Larissa
Ag, dit laat ons nou sommer goed voel. Dankie dat jy dit noem en vir jou uitstekende resensie. Ons sien uit om jou weer te sien.
Madelein J - Aug 2019
Algehele gradering
Basiese, netjiese akkommodasie.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hallo Madelein
Baie dankie vir jou eerlike en bedagsame resensie! Gaste soos julle maak mens sommer weer van voor af passievol oor ons bedryf! Ons is tans besig om DStv op te gradeer - dis nou jammer julle kamer was nog nie opgradeer nie. Sien julle hopelik gou weer! Groete.
Marian M - Jul 2019
Algehele gradering
Gerieflik en smaakvol.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie. Dit was lekker om julle weer te sien, Marian!
Ons sien uit na julle volgende kuiertjie in Lichtenburg.
Groete,
Edenville Guesthouse
Casey B - Mei 2019
Algehele gradering
Friendly hosts with a yummy breakfast.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Dear Casey,
Thank you for the great review! It was an absolute dream having you here. It is guests like you make our jobs incredibly joyful.
We can't wait to see you again!
Regards,
Edenville Guesthouse
Kotie L - Mrt 2019
Algehele gradering
Die plek is baie huislik, netjies en skoon.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Ag Kotie, maak jy ons harte skoon warm. Dankie vir jou mooi woorde. Julle was wonderlike gaste, ons het sommer lekker gevoel. Groete
Christine D - Jan 2019
Algehele gradering
Baie netjies en bekostigbaar. Goeie waarde vir geld.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Christine, Dit was sommer lekker om julle te verwelkom. Baie dankie vir die mooi boodskap, ons waardeer dit terdeë. Mooi gaan.
Amelia R - Sep 2019
Algehele gradering
Baie lekker met fantastiese diens.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Amelia, baie dankie vir die kompliment. Dit maak ons sommer van voor af weer lus vir ons bedryf. Droom gaste soos julle is natuurlik absolute beloning. Ons sien uit na julle volgende kuier in Lichtenburg.
Pikkie M - Mrt 2019
Algehele gradering
Baie netjies en skoon.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Goeiedag Imke,
Jy maak ons dag! Baie dankie, dit beteken so baie vir ons wat Edenville self bestuur en stuk-stuk verbeter. So lekker om gaste soos julle te verwelkom.
Mooi bly!
Pieter N - Sep 2019
Algehele gradering
As jy net plek soek vir oorslaap, is dit perfek.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Pieter, baie dankie vir jou eerlike terugvoer. Ons waardeer die kompliment. Volgende keer, bespreek gerus een van ons selfsorg kamers, van hulle het lekker stoepies ook. Goed gaan, sien julle volgende keer.
Pierre S - Aug 2019
Algehele gradering
Netjiese, goedkoop en gerieflike plek om oornag te bly.
Lees meerEdenville Guesthouse se terugvoer
Hi Pierre, dankie vir jou kompliment. Ons glimlag is deel van ons beleid. Dit is vir ons belangrik om ruim kamers te bied. Dis jammer vir ons water wat so sleg is, maar gelukkig is Oasis ons belangrikste stop. Baie dankie dat jy noem van die badkamer vensters, dit is reeds in die proses om dof gemaak te word . Ons kyk beslis ook daarna om meer muurproppe te installeer. Baie dankie vir jou eerlike ressensie. Jou opbouende kritiek sal ons net laat verbeter. Goed gaan.
Ronel D - Nov 2018
Algehele gradering
Mal oor alles wat so eenvoudig was, ek het tuis grovel.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Beste Ronel,
Baie dankie vir jou kompliment, jy maak ons dag! Dit is presies waarna ons mik.
Groete,
Edenville Guesthouse-bestuur
Zelda R - Okt 2018
Algehele gradering
Pragtig!
Marian M - Sep 2018
Algehele gradering
Geriewe was goed en alles skoon en netjies.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Marian, baie dankie vir die kompliment. Dit was gaaf om julle by ons te hê.
Leaque B - Sep 2018
Algehele gradering
Alles wat ons nodig gehad het om lekker oor te slaap en besigheid te doen die volgende dag.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Leaque, julle was ons 1ste gaste ingeteken in ons nuwe ontvangs, dit was lekker om julle hier te hê. Dankie vir die mooi kompliment. Dit beteken baie vir ons.
Ons hoop om julle gou weer te sien. Groete
Elri K - Aug 2018
Algehele gradering
Waarde vir geld!
Edenville Guesthouse se terugvoer
Elri, was sommer lekker om julle hier te hê. Baie dankie vir jou woorde, laat mens sommer warm voel. Goed gaan, sien weer.
Margery V - Jul 2018
Algehele gradering
Vriendelike diens en baie behulpsaam.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Margery, jy laat my nou sommer lekker voel. Dankie vir jou mooi boodskap. Hoop ons sien jou gou weer. Groete
Marie D - Jun 2018
Algehele gradering
Met baie vriendelikheid en behulpsaamheid ontvang.
Edenville Guesthouse se terugvoer
Hi Marie,
Jy maak ons dag! Dit was sommer lekker om met julle te gesels.
Sien volgende keer.
Mooi bly.
Adele F - Sep 2018
Algehele gradering
Glad nie gelukkig nie!
Edenville Guesthouse se terugvoer
Goeiedag Adele,
Dankie vir jou terugvoer, ons is baie trots op wat ons bied, en werk elke dag hard om te verbeter, sienende ons nog in die ontwikkelingsfase is. Dit is ons nuutste eenheid en ons is besig om dit af te werk, daarom is dit nog nie oop op enige platvorm nie, baie dankie vir jou kritiek ons neem dit ter harte en gaan beslis werk maak daarvan.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buchananstraat 19, Lichtenburg, 2740, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang