Ehlathini Game Lodge
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2024 tot 31 Des 2024.
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jemima-weg, Sandnek Deel 1 Leerdam-plaas 443LR, Marken, 0605S, Limpopo
-
Vanaf
R1 210R1 089 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ehlathini Game Lodge is 'n pragtige, versteekte skat hoog teen 'n heuwel suidwes van Marken, 'n dorpie in Limpopo. Dit bied 'n uitsig oor die laer Bosveld noord van die Waterberge. Die lodge bied rustige verblyf waar Afrika gevier word. Gaste word net deur die natuur omring en hulle kan 'n rustige wegbreek volgens hul eie pas geniet.
Die hooflodge bestaan uit 3 pragtige en suite-kamers wat uniek versier is en na die buitenste gang lei. Dit bied 'n uitsig oor die swembad en die tuin. Daar is ook 3 chalets stapafstand vanaf die hooflodge en elkeen het 'n privaat stoep en 'n uitsig oor die bosveld en watergat. Dié chalets deel 'n gemeenskaplike kombuis en boma vir gaste wat die selfsorgopsie kies. Al die eenhede het toegang tot die gemeenskaplike selfsorgkombuis.
Die kamers en chalets het gemaklike beddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Ander geriewe sluit 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n haardroër, plafonwaaier en warm komberse in. Gaste het toegang tot WiFi by die hooflodge en wasgoeddienste is beskikbaar teen 'n ekstra koste.
Die gemeenskaplike kombuis is met 'n yskas-vrieskas, ekstra krapunte, 2 gasstoofplate, basiese eetgerei en breekware toegerus. Die eenhede is slegs verblyf, maar gekookte etes kan vooraf gereël word en in die eetarea geëet word.
Die stoep met tafels, stoele en sambrele is die perfekte plek om maaltye in gemak te geniet. Gaste kan vir ure op die terras sit en kyk na die diere by die watergat en luister na die voëls in die tuin. Gaste kan 'n braai by die boma geniet of net saam met vriende ontspan. 'n Eerlikheidskroeg is beskikbaar en die kostes sal op jou kamer se rekening reflekteer. Laat weet ons asb. vooraf oor spesifieke drankversoeke.
Gaste kan sterrekyk en die Suiderkruis en Orion se gordel gewaar.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Joretha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Jemima-weg, Sandnek Deel 1 Leerdam-plaas 443LR, Marken, 0605S, Limpopo
- Gaste dink Ehlathini Game Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jemima-weg, Sandnek Deel 1 Leerdam-plaas 443LR, Marken, 0605S, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang