El Morado Guest Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1,3 km vanaf die R538, Yaverland, 5 km vanaf Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
El Morado Guest Farm is op 'n pragtige grenadellaplaas net 5 km buite Witrivier geleë. Dit is ideaal vir gaste wat verblyf vir 'n troue soek of reisigers wat die Krugerwildtuin wil besoek.
Die gasteplaas bied verblyf in 2 selfsorg-eenhede met privaat buite-gasbraaigeriewe, of 2 eenhede wat met verhit-en-eetgeriewe toegerus is. Elke eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed, dubbelbed of 2 enkelbeddens, en 'n badkamer met 'n stort en/of 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die 2 selfsorg-eenhede beskik elkeen oor 'n kombuisie wat met 'n induksieplaat, oondjie, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, en ook 'n etenstafel met sitplek vir 2 het. Die ander 2 eenhede het elkeen koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond en 'n yskassie. Daar is ook 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi in elke eenheid.
Alle eenhede bied direkte toegang tot die swembadarea en kan op versoek as 'n geheel bespreek word. Indien die eiendom as 'n geheel bespreek word, sal 'n lapa met 'n kombuis en braaigeriewe ook beskikbaar wees.
Die area bied 'n verskeidenheid aktiwiteite soos stap- en fietsroetes. El Morado Guest Farm is net 'n entjie se ry vanaf die dorp, 35 km vanaf die Krugerwildtuin en 52 km vanaf Sabie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- 1,3 km vanaf die R538, Yaverland, 5 km vanaf Witrivier, 1240, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Witrivier Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1,3 km vanaf die R538, Yaverland, 5 km vanaf Witrivier, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang