Eland Street 50
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Aug 2024 tot 31 Des 2024.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandstraat 50, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R5 684R4 548 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Eland Street 50 is 'n pragtige vakansievilla wat gerieflik geleë is in die hartjie van Ballito, 500 m van die strand af. Hierdie villa is die perfekte opsie vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende, aangesien hierdie eiendom 'n uitnodigende swembad op die perseel het wat ideaal is vir die somer.
Dié dubbelverdieping-eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n volledige en suite-badkamer. Dit maak ook oop op 'n privaat balkon. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en die tweede badkamer het 'n stort. Nog 'n koninggrootte-bed is beskikbaar in die derde slaapkamer, terwyl die vierde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die ander 2 badkamers het 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Langs hierdie eetarea is 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Boonop het hierdie villa 'n vermaakkamer met 'n kroeg. Hierdie kroegarea maak oop op 'n onderdakstoep met sitplek buite. Dit lei na 'n uitgestrekte tuin en swembadarea waar gaste kan ontspan en son kan vang. Beide binne- en buitebraaigeriewe is beskikbaar.
'n Enkel toesluitmotorhuis met toegang tot die huis en oop parkeerplek vir 'n maksimum van 4 motors is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 144
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Elandstraat 50, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandstraat 50, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang