Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elangeni Holiday Resort

  • Kapasiteit: 402 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 06:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sycamore N4, Elandsvallei, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Elangeni Holiday Resort, Mpumalanga, Suid-Afrika, is aan die oewer van die Elandsrivier geleë, op die N4 tussen Waterval Boven en Mbombela (Nelspruit). Die oord is in 'n lae risiko malaria-area en is die perfekte wegbreek in ongerepte natuur.

Twaalf selfsorg-chalets is onder skaduryke bome versprei. Daar is 8 dubbelverdieping chalets elk met 2 slaapkamers, 2 badkamers, sitkamer en kombuis. Een van die chalets is rolstoelvriendelik. Daar is drie ander chalets elk met 2 slaapkamers, 1 badkamer, sitkamer en kombuis. een ander chalet het 1 slaapkamer, 1 badkamer, sitkamer en kombuis. Al die chalets is volledig toegerus.

Die oord bied visvang, voëlkyk, wandelroetes in die natuur, 'n swembad, 'n jungle gym, trampoliens, selfsorg chalets onder skaduryke bome, karavaan- en tent kampeerplekke. Aktiwiteite sluit tjoepry in die rivier en voetslaan in. Die oord is ideaal vir skoolgroep-uitstappies en korporatiewe spanbou. Daar is 'n lapa en 'n klipsaal vir funksies, 'n wassery en klein winkel.

Die klipsaal kan vir tot 200 gaste sorg en sluit 'n kombuis en kontantkroeg in. Dit is ideaal vir troues, konferensies, danse, temapartytjies, korporatiewe funksies & spesiale familie-okkasies.

Ons is bekend vir ons uitstaande kos van uitstaande kwaliteit. Spyseniering word binne 120 km radius van Waterval Boven aangebied vir jaareindfunksies of ander spesiale funksies, versnapperingborde, spitbraai en braai. Ons spesialiseer in troues, troukoeke, spesiale blommerangskikkings, dekorering van die saal of venue en ons voorsien musiek vir die funksie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Goed

Netheid
3.8
Ligging
3.9
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
3.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

Joey Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 40

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Sycamore N4, Elandsvallei, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • Gaste dink Elangeni Holiday Resort het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Elandsvallei Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 402 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 06:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sycamore N4, Elandsvallei, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa38181a476492ee362d214ee0328add29ee6164e66494518e18e0a42861966a2a966be8a6e4bc29db52c42c1e431cf3d85c2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 20 5 1 4 N4 Sycamore Elands Valley 1195 Mpumalanga 021 201 8901 06:00-18:00 10:00 -25.596244402383 30.446556508541

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang