Elangeni Holiday Resort
- Kapasiteit: 402 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 06:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sycamore N4, Elandsvallei, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Elangeni Vakansieoord, Mpumulanga, Suid-Afrika, is geleë op die oewer van die Elandsrivier, op die N4 tussen Waterval-Boven en Mbombela (Nelspruit). Die oord is in 'n lae-risiko malaria area en is die perfekte wegbreek na die ongerepte natuur.
Twaalf selfsorg-chalets is onder skaduryke bome gestrooi. Daar is 8 dubbelverdieping-chalets elk met 2 slaapkamers, 2 badkamers, sitkamer en kombuis. Een van die chalets is rolstoelvriendelik. Daar is drie ander chalets elk met 2 slaapkamers, 1 badkamer, sitkamer en kombuis. Een ander chalet het 1 slaapkamer, 1 badkamer, sitkamer en kombuis. Al die chalets is ten volle toegerus.
Die oord bied visvang, voëlkyk, natuurwandelings, 'n swembad, 'n oerwoudgimnasium, trampoliens, selfsorg-chalets onder skaduryke bome, karavaan- en tentkampeerplekke. Doendinge sluit rivierpype en voetslaan in. Die oord is ideaal vir skoolgroepuitstappies en korporatiewe spanbou. Daar is 'n lapa en 'n klipsaal vir funksies, 'n wassery en 'n winkeltjie.
Die klipsaal kan vir tot 200 gaste voorsiening maak en sluit 'n kombuis en 'n kontantkroeg in. Dit is ideaal vir troues, konferensies, danse, temapartytjies, korporatiewe funksies en spesiale gesinsgeleenthede.
Ons is welbekend vir ons uitstaande kos van die hoogste gehalte. Spyseniering word binne 'n radius van 120 km vanaf Waterval-Boven aangebied vir einde-van-jaar- of ander spesiale funksies, peuselplate, spitbraaie en braai's. Ons spesialiseer in troues, troukoeke, spesiale blommerangskikkings, versiering van die saal of lokaal, en ons verskaf musiek vir die funksie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Joey Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 40
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Sycamore N4, Elandsvallei, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
- Gaste dink Elangeni Holiday Resort het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Elandsvallei Mpumalanga
- Kapasiteit: 402 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 06:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sycamore N4, Elandsvallei, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang