Elements Private Golf Estate Lodge 296
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gedeelte 9 Elandsfonteinplaas Cyferfontein, Cyferfonteinweg-distrik, Lodge 296, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R5 350 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Elements Private Golf Estate Lodge 296 is 'n privaat selfsorghuis op die Elements Private Golf Reserve in die Waterberg-streek. Dié reservaat is ongeveer 185 km vanaf Johannesburg en net 23 km vanaf Bela-Bela.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamers is in 2 slaapvleuels en apart van die leefarea geleë en elke vleuel het 2 slaapkamers. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n privaat buitestort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die ruim leefarea het 'n sitarea, staanwaaier, platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n ingeboude kaggel. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en ingeboude braaigeriewe. Die stoep lei na 'n boma met sitplek en 'n braai-vuurput, en langsaan is daar 'n lieflike dek met sonstoele en 'n privaat swembad.
Die huis het 'n toesluitmotorhuis met parkeerplek vir 4 voertuie.
Elements Private Golf Reserve spog met 'n US PGA-kampioenskapgholfbaan met 18 putjies wat deur Peter Matkovich ontwerp is en waar gholfkompetisies gereeld gehou word. Die wildspesies wat vry hiér rondloop sluit koedoes, njalas, rooibokke, blouwildebeeste, sebras, blesbokke, rooihartebeeste en rooiribbokke in. Lodge 296 spog met 'n asemrowende uitsig oor die bosveld wat tot by die horison strek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Marguerite Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 31
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Gedeelte 9 Elandsfonteinplaas Cyferfontein, Cyferfonteinweg-distrik, Lodge 296, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Elements Private Golf Estate Lodge 296 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gedeelte 9 Elandsfonteinplaas Cyferfontein, Cyferfonteinweg-distrik, Lodge 296, Elements Golf Estate, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang