Elephant Hide Away Cottages
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandstraat 385, Golden Mile Estate, Emalahleni, 1035, Mpumalanga
- Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Elephant Hide Away Cottages bied selfsorgkothuise aan die Witbankdam se oewer op die Golden Mile eko-landgoed.
Gaste kan tussen 2 kothuise kies wat elk slaapplek vir 6 het. Elke kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitarea.
Die slaapkamers het dubbelbeddens en daar is slaapbanke in die sitareas. Elke badkamer het 'n stort en toilet, en vir gaste se gerief word linne en badhanddoeke voorsien.
Elke oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die ontbyttoonbank geniet.
Gaste kan in die sitarea voor die TV met sekere DStv-kanale en by die kaggel ontspan. Die sitareas bied elk toegang tot 'n stoep met 'n eetarea en 'n ingeboude braai met 'n uitsig oor die dam. Daar is 'n skoonmaakdiens beskikbaar op versoek teen ekstra koste.
Gaste kan ook hengel en bootvaar in die area en die landgoed bied die geleentheid om sebras, elande, ander bokke en wildebeeste te sien.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Erina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Elandstraat 385, Golden Mile Estate, Emalahleni, 1035, Mpumalanga
- Gaste dink Elephant Hide Away Cottages het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mpumalanga
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandstraat 385, Golden Mile Estate, Emalahleni, 1035, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang