Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elephant Point Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Vanaf R15 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Elephant Point Lodge is 2,7 km vanaf die Sabierivier in Hazyview en is 'n mooi vakansiehuis wat 'n rustige bosveldwegbreek aan 'n groep vriende of gesin bied.

Die huis het lugversorging en is geskik vir 8 gaste. Daar is 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Twee van die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Gaste kan in al 4 slaapkamers kies of die beddens as 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens opgemaak moet word. Beide bad- en stortgeriewe is beskikbaar en alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek, asook 'n TV met die volle DStv-pakket.

Op die boonste verdieping is daar 'n balkon met stoepmeubels en 'n uitsig oor die bosveld. Die leefarea het skuifdeure wat na 'n onderdakstoep lei. Die stoep het 'n ingeboude braai en 'n groot houtdek met sonstoele en 'n swembad. Verder is daar 'n boma met nog braaigeriewe.

Veilige parkeerplek word voorsien en Elephant Point Lodge is net 12 km van die Krugerwildtuin se Phabeni-hek af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Joey Geverifieer

Eiendomme 28

Resensies 113

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 15 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 15 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA07d239c4ccd00ea2eb2fdbc2122501360c6e6f58b0b501d69572374086e9d26def8974de75c47180f69a56e5d49d4b4ea3b0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R15 000 per nag (plek vir 8) R536 Hazyview 1242 Mpumalanga 021 201 8901 16:00-00:00 10:00 -24.962872077864 31.412744522095

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang