Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elim Bed & Breakfast

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Piet Fransman Straat, , Kuilsriver, 7583, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Elim Bed & Breakfast is naby Stellenbosch se wynroete geleë wat die bekenste wynroete in die land is. Daar is 'n verskeidenheid ander besienswaardighede en geriewe in die omgewing, soos konferensiesentrums, 2 manjifieke gholfbane, winkelsentrums, rolprentteaters, 'n gimnasium, topgehalte restaurante en voetslaanpaaie.

Daar is 10 elegante en gerieflike en suite-kamers. Elke kamer beskik oor 'n TV met M-Net en DStv, telefoon (slegs interkom), yskassie, gehalte-linne en handdoeke, koffie- en teemaakgeriewe, skryflessenaar/werkstasie vir die sakereisiger en student, gratis WiFi, 'n privaat ingang, plafonwaaier en 'n elektroniese kluis. Die volgende is op versoek beskikbaar: 'n haardroër, strykgeriewe, 'n gratis koue filterwater wat 24 uur beskikbaar is, lugversorging en onderdakparkeerplek op die perseel agter afstandbeheerde hekke op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis.

Ons het 'n lieflike patio met 'n omheinde swembad om in te ontspan en daar is ook braai- en kroeg-geriewe waar sakereisigers én vakansiegangers tuis sal voel en hul batterye kan herlaai. Ons lewer diens met 'n glimlag en by Elim sal jy so tuis soos by jou eie huis voel, of jy nou hier is vir sake of plesier.

Die nuwe Zevenwacht Winkelsentrum is ook net 2 km van ons af en die Zevenwacht Wynlandgoed met sy uitmuntende restaurant is ook die besoek werd. Kaapstad en die bekende waterfront is net 30 km van hier af en Stellenbosch net 20 km. Bloubergstrand en Gordonsbaai is net 25 km van ons af. Dit plaas Kuilsrivier reg in die middel van die Kaapse Skiereiland wat Elim B&B dus die ideale blyplek maak as jy die Wes-Kaap wil verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Dirk L
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Uitstekende en gasvrye ontvangs en diens.
Jan 2024
Victor M
Besigheidsreis
5.0
Out-of-this-world. It was super-marvelous.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Terry J
Saam met vriende
5.0
Uitstekend en baie stil, privaat plek om net te rus en asem te skep en ontlaai in vrede. Alles in gerief en tot jou beskikking as gas. Privaat en lief...
Sien meer
Apr 2023
Isabel B
Saam met lewensmaat
5.0
Puik diens en vriendelike eienaars. Ons het so lekker geslaap! Die eienaars was verskriklik vriendelik en het lekker met ons gesels. As ons langer ...
Sien meer
Feb 2023
Nico T
Besigheidsreis
4.4
Goed ontvang. Die diens was puik en vriendelik. Ontbyt elke oggend was baie lekker. Ek sal definitief weer daar bly met die volgende geleentheid.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Andre & Merle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 6 Piet Fransman Straat, , Kuilsriver, 7583, Wes-Kaap
  • Gaste dink Elim Bed & Breakfast het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Piet Fransman Straat, , Kuilsriver, 7583, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZmNjZlZmI1LTZkMGYtNGJkOS05YjRjLWJlNDgyNGU3ZTk5Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 6 Piet Fransman Street Amandelrug 7583 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-00:00 10:00 -33.925543662542 18.691976666451

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang