Elizabeth Sea Views
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elizabeth-rylaan 20, Ballito, 4439, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 950 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Elizabeth Sea Views bied 'n 180-grade-uitsig oor die Indiese Oseaan en is 'n lieflike gesinvakansiehuis in die hartjie van Ballito. Dit is die ideale plek vir 'n onvergeetlike wegbreek saam met familie of vriende aangesien daar 'n swembad in die middel van 'n lowerryke tuin op die perseel is.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n volledige en suite-gesinsbadkamer. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in laasgenoemde slaapkamers deel 'n vierde badkamer met 'n bad en stort.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n etenstafel met 4 stoele en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek. Die huis het 3 slim-TV's en gratis WiFi regdeur die eenheid. Die TV's en WiFi het 'n rugsteunkragstelsel sodat dit steeds sal werk gedurende beurtkrag.
Die boonste leefarea lei na 'n houtdek met 'n pragtige see-uitsig. Dit is die perfekte plek vir 'n skemerkelkie. Op die onderste verdieping is daar 'n TV-kamer met 'n dubbelslaapbank wat lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe. Die stoep lei op sy beurt na die swembadarea. Daar is 'n tuin wat veilig omhein is. Sekuriteitskameras en 'n alamstelsel is ook beskikbaar. Parkeerplek vir 4 voertuie is beskikbaar en die huis is ongeveer 1 km vanaf die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Barbara Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 24
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Elizabeth-rylaan 20, Ballito, 4439, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Elizabeth Sea Views het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elizabeth-rylaan 20, Ballito, 4439, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang