Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elsewhere

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoogstraat 12, Louis Rood, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Elsewhere is 'n lieflike strandhuis wat net 500 m vanaf Curlew-strand in Strandfontein geleë is. Dié selfsorghuis bied slaapplek aan 6 gaste en is ideaal vir diegene wat lief is vir die see.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en dié gaste het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het 'n gemaklike rusbank, 'n TV, 'n etenstafel en 2 enkelbeddens vir 2 ekstra gaste.

Gedurende die veldblomseisoen is die huis ideaal as 'n basis vanwaar gaste die Weskus-streek kan verken terwyl hulle op soek is na die Namakwalandse blomme. Aktiwiteite in die omgewing sluit voëlkyk, voetslaan, fietsry, swem, visvang en branderplankry in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Nico M
Saam met vriende
5.0
Awesome. It was beautiful there, the view from the rooms was beautiful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Lidia V
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly. Die huis is skoon en netjies. Ons het regtig baie lekker gebly en die uitsig van die stoep is pragtig. Hilda is ook 'n baie goeie g...
Sien meer
Okt 2023
Morne V
Besigheidsreis
5.0
Was net 'n oornagstop vir sakereis. Verblyf was puik. Sal beslis aanbeveel. Alles was netjies en skoon. Puik, ons het dit geniet.
Aug 2023
Jomari D
Gesin met klein kinders
5.0
Silwerskoon en netjies, alles wat ons nodig gehad het. Die woonstel was silwerskoon en pynlik netjies. Hilda het seker gemaak ons het alles wat ons no...
Sien meer
Mrt 2023
Lizelle C
Saam met vriende
4.4
Soos BD huis! Ruim woonarea, voldoende kombuis. Baie netjiese slaap- en badkamers. So lieflik om wakker te word met die klank van die see. Die trappie...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Hilda Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 39

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hoogstraat 12, Louis Rood, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap
  • Gaste dink Elsewhere het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoogstraat 12, Louis Rood, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA764312bab554b6b0b28d43ced42141f4cd88b45f029cf7d0f91b0ddef1a83e8957a522af639e6ffa0e7c29e2d5464eb12e64?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6) 10 5 1 5 12 Hoog Street Louis Rood 8151 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.75320302153 18.228337146696

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang