Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elsea

Selfsorg

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.8/5

Fanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 4 resensies vir Elsea
Netheid
3.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.8/5
Wilmarie B - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Wilmarie B

Swak instandhouding, sal definitief nie weer daarheen gaan nie.

Ons het glad nie 'n lekker ervaring gehad by Elsea nie. Goed soos die dreine wat opgestoot het en uitgespoel het vanaf die eerste gebruik met wasmasjien wat geadverteer was, het 4 dae gevat om reg te maak en ons kinders kon nie naby speel as gevolg hiervan nie. Twee dae geen water gehad nie. Elke tweede glas wat geneem word, moet ons eers was voor ons kan gebruik. Gasrou is elke dag in die erf gewees om 'op te check'. Die meeste van die goed wat ons geneem het, werk nie: bank, bad, lugversorger, reling op die dek wat die mooiste uitsig gehad het, kon ons nie saam met ons kinders gebruik nie omdat daar stukkende hordjies was wat 'n gevaar vir die kinders was. Een yskas maak amper glad nie koud nie en daar was 'n hele paar goedjies wat nie op standaard was wat ons gebruik het nie. Dus was dit nie een van ons lekkerste kuierervarings nie en sal vir seker nie weer teruggaan daarheen nie.

Elsea se terugvoer

Hoeveelheid gaste

Dit is baie duidelik in die advertensie dat die maksimum gaste 10 persone is.
Die huis word nie verhuur vir soveel gaste as die huurder wil bring nie.
Tien gaste is die maksimum. U het die maksimum oorskry.

Water
Die aantal gaste wat toegelaat word, word onder andere bepaal deur die hoeveelheid beskikbare water ens.
Die twee water tanks hou 7,000 liter water en die gasvrou het die gaste ingelig dat daar soms nie munisipale water is nie, sodat hulle bewus daarvan is dat water spaarsamig gebruik moet word.

Onder andere is n buite kraan (by die wasgoedlyn) op een stadium oopgelos. ‘n Massa waters is gemors, water wat reguit na die drein vloei.

Die eienaar was nie bewus dat daar vir twee dae nie water was nie.
Gewoonlik kry die eienaar iemand wat die tenks vol water kom maak, as die tenk leeg is.

Volgens die gasvrou was die gaste nie dae lank sonder water nie, hoogstens n paar ure.
Gelukkig het die munisipale water aangekom voordat die eienaar ten duurste water moes koop om die tenks te vul.
Die gaste was dus net n paar ure sonder water, nadat hulle 7,000 liter spaarwater water opgebruik het.

Drein
Met aankoms is die gaste bewus gemaak ven die feit dat die eiendom ‘n “septic en n grey water” tenk het en dat goed soos baba doeke en “wetwipes” nie in die toilet gegooi moet word nie
Nadat die geblokte drein aangemeld is, het die gasvrou dadelik in die teenwoordigheid van die huurder, verskeie loodgieters gebel.
Ongelukkig is dit feitlik onmoontlik om iemand oor die kersseisoen te kry om te help.
Ten spyte daarvan is die dreinpyp by die kombuis,dieselfde dag met n “pressure sprayer” skoongemaak Die huurders het erken dat die drein nie meer oorloop nie
en dat daar nie meer n reuk is nie.

Ten spyte daarvan is gereel dat die drein leeg gemaak word. Die koste hiervan was meer as R3000.00
n Geblokte drein is nie iets wat iemand kan voorspel nie, dit is die eerste keer dat dit gebeur vandat die eienaars die huis besit en sy kapasiteit is moontlik oorskry.

Nie soos geadverteer nie:

Bad
Ek aanvaar die bad wat nie werk nie, is die motor van die borrelbad. Dit is ontkoppel vir veiligheid. Daar is nie n borrelbad geadverteer nie. Die bad werk perfek en het sy eie geyser.

Lugversorger
Daar is geen lugversorger geadverteer nie. Die lugversorger teen die muur is net ‘n dop.

Yskas
Daar is slegs een yskas geadverteer en hy werk perfek.
Die tweede yskas wat nie baie koud maak nie is dus n bonus aangesien sy vries afdeling ten volle werk

Bank
Indien daar na die slaapbank verwys word, die eienaar was nie bewus dat hy nie nou kan oopslaan nie.
Alhoewel as daar net 10 gaste was was dit glad nie nodig om die slaapbank te gebruik nie.
Daar is 10 beddens plus n bed vir n kleuter.

Die reeling op die dek
Ook hiervan was die eienaar nie bewus nie.
Daar is in November aan die dek gewerk. Ek het die kontrakteur gekontak wat die werk gedoen het, en volgens hom was dit veilig genoeg, maar ons sal self inspekteer en verander soos benodig.
Daar was reeds twee groepe vakansieganger met kinders gedurende Desember en niemand het hieroor gekla nie.
Niemand sal klein kinders alleen op n dek op die tweede vloer wil laat speel nie.
Die trappe kan ook gevaarlik wees vir kleuters sonder toesig.

Vuil glase
Ons vra om verskoning hiervoor en sal die skoonmakers versoek om in die toekoms seker te maak dat alle skottelgoed ordentlik skoon is wanneer dit uit die skottelgoed masjien haal.

Nie op standaard nie
Ons sou graag wou weet wat nie op standaard was nie, sodat ons dit kan regstel.
Die vorige gaste het net lof gehad vir die eiendom.

Gasvrou
n Mens sou dink dat n gasvrou wat kan reel dat n drein skoongemaak word oor die kersseisoen, gekomlimenteer moet word.
Sy het dadelik aandag gegee aan die probleme.
Sy sou selfs die glase gaan was het.
Die probleem was dat u aanvanklik geweier om die deposito te betaal en sy kort-kort moes vra daarvoor.
Dit is deel van haar pligte om seker te maak die eiendom word nie beskadig nie; en wanneer iemand weier om die deposito te betaal is dit verstaanbaar dat sy bekommerd is oor skade.

Ons is jammer dat u die besoek nie geniet het en verstaan dat iets soos ‘n geblokte drein onaangenaam is.

Elsea
Nico S - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Nico S

Baie goed toegerus en pragtige uitsig vanaf die dek.

Eienaar se terugvoer en kommunikasie is traag, maar die opsigter, Felicity, maak gelukkig op daarvoor en sy is puik!

Nasreen S - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Nasreen S

Disappointing.

The host Felicity was absolutely efficient in her job. We were given a warm welcome and appreciate her efforts, that being said the place could do with a proper spring clean, there were spiders webs hanging off the walls, dust so thick on the ceiling fans it was hard to miss, the standup fans couldn’t be switched on as the dust was flying everywhere when it was switched on, our kids ended up with cough attacks, the carpet could do with a proper scrub and vacuum as that too was dusty. The plugs in kitchen not working and the gas cylinder is not filled. Elsea could be a real gem if given a proper clean-up and possibly a good interior deco, too much unnecessary clutter lying around.

Ndisha R - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ndisha R

We had a wonderful stay at Elsea.

The house is very clean and big. It can accommodate 10 people and a toddler comfortably. The sea view from the deck is amazing. The beach and the tidal pools are just minutes walk from the house. The owner are very friendly and helpful. We will definitely stay at Elsea again.

Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R2 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Simon van der Stel-straat 57, Palm Beach, Port Edward, 4275, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5ae39ea88ab457cc7f5273f13bf8717bfb5e2ba25e087ca3800dc455afb41b10e65194b3f23fe6ea6f97f0ca7c8f7167acb6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10) 4 5 1 4 57 Simon van der Stel Road Palm Beach 4275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.98598969607 30.27503024841

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang