Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elshane Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelhoutstraat 11, Florida Park, Roodepoort, 1709, Gauteng
  • Vanaf R579 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Elshane Guesthouse bied 'n vreedsame en rustige ervaring, tog is dit in die middel van Johannesburg se gewoel geleë. Die gastehuis is in die pragtige voorstad Roodepoort geleë en is gerieflik naby Gauteng se hoofbesienswaardighede soos die Wieg van die Mensdom, Magaliesburg en Pilanesberg.

Die gastehuis het 2 dubbelkamers en 2 gesinskamers. Al die slaapkamers het 'n TV, onbeperkte WiFi en 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf, eierkoker, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is nie 'n stoof nie. Daar is 'n lieflike tuin met 'n sprankelende swembad en 'n boma met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar onder 'n motorafdak.

Die huis het sonkrag wat krag aan al die ligte en WiFi tydens beurtkrag voorsien, asook 'n sonkraggeiser.

Die UNISA Florida-kampus is stapafstand vanaf die verblyf en die Constantia Office Park is 2 km ver. Johannesburg se bekendste botaniese tuin, Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin is ook naby geleë. Florida Junction is binne stapafstand en het 'n hele paar klassieke en kitskosrestaurante. Verder is die Roodepoort Teater stapafstand vanaf Elshane Gastehuis, Flora en die Mayo Clinic is 2,2 km ver en Wilgeheuwel Hospitaal is 4 km ver.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Elna D
5.0
Heerlik. Ons wens net daar was DStv beskikbaar. Dit was heerlik, en jy kon met gerus ook weet jou motor is veilig in die erf. Die kamer en badkamer wa...
Sien meer
Aug 2024
Isabel C
Gesin met tieners
5.0
Veilig, rustige omgewing. Ons het in 'n storm aangekom, ons kon ten spyte daarvan, vinnig inkom en onsself tuis maak. Ideaal geleë vir ons vereistes. ...
Sien meer
Apr 2024
Erika J
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het heerlik gekuier, gebraai en geswem. Die tuin is 'n lus vir die oog. Elsabe het uit haar pad gegaan om ons tuis te laat voel. Ons sal beslis we...
Sien meer
Mar 2024
Jannie M
5.0
Baie rustig en vriendelike omgewing. Vir 'n student wat prakties by die Florida Kampus moet doen vir 'n week is dit ideaal. Baie lekker gebly met baie...
Sien meer
Mar 2024
Mercia S
Saam met vriende
5.0
Voortreflike verblyf. Uiters aangename verblyf. Pynlik netjies, binne en buite. Alles presies soos op fotos. Sal beslis weer daar tuisgaan. Hoogs aanb...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elsabe Johanna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Geelhoutstraat 11, Florida Park, Roodepoort, 1709, Gauteng
  • Gaste dink Elshane Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R579
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R579
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelhoutstraat 11, Florida Park, Roodepoort, 1709, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoxE6Iv8EzMXSpTsne4rMFUfwsVzOWiLD5lH1Doy0uLEyU2UiVJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R579 per nag, vir 2 mense 74 5 1 5 11 Geelhout Street Florida Park 1709 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.14535 27.8985

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang