Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elta’s Haven

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivierpad, Skuitbaai Landgoed, Eersterivierstrand, 6309, Oos-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Elta's Haven is 'n gerieflike en stylvolle selfsorg-vyfslaapkamerhuis wat pragtig geleë is met besonderse see-uitsigte. Hierdie huis is op die seefront op die Skuitbaai Landgoed teen die Tsitsikamma-kus.

Die veilige landgoed spog met prentjiemooi fynbos, 'n 9 putjie-gholfbaan met 'n klubhuis en geriewe vir troues en onthale. Die klubhuis het 'n volledig toegeruste gimnasium, tennisbane, 'n kroeg en etes word daar bedien.

Elta's Haven het nou 'n batterystelsel wat rugsteunkrag tydens beurtkrag voorsien sodat ligte en TV's kan werk.

Die huis het 5 slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed het, 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en 'n vyfde slaapkamer met 'n enkelbed en 'n stapelbed. Daar is beide bad- en stortgeriewe beskikbaar.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus en lei na 'n oopplan-sitarea met 2 TV's. Daar is 'n binnebraai, kaggel en Jacuzzi. Daar word ’n beperkte hoeveelheid braaihout aan gaste verskaf. Die Jacuzzi kan aangeskakel en voorberei word vir gaste wat langer as 2 nagte oorslaap en beloop 'n addisionele fooi. Die Jacuzzi word nie gedurende Junie, Julie en Augustus aangeskakel nie.

Vir ontspanning is daar 'n pooltafel, asook tafeltennis.
Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring, maar alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien.
Die huis is nie beskikbaar vir enige partytjies soos bachelors/bachelorettes/matriekvakansies, ens nie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 5 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
1 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Bad, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4

Stort, Toilet
Badkamer 5

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Melinda B
Gesin met tieners
5.0
Goed uit gerus met mooi omgewing. Dit was 'n goed toegeruste huis met genoeg spasie vir almal. Ons het baie lekker gekuier en die uitsig was baie mooi...
Sien meer
Feb 2024
Elmarie V
5.0
Fantasies. Pragtig met asemrowende uitsig.
Jan 2024
Marelise V
Gesin met tieners
5.0
'n Moet-besoekplek vir rus en natuurskoon. Mooiste plek met die mooiste uitsig. Baie modern, skoon en vir seker 'n plek om te rus en die natuur te gen...
Sien meer
Jan 2024
Fay F
Gesin met klein kinders
5.0
The most beautiful accommodation in the Eastern Cape! We have visited Eersterivierstrand a couple of times to play golf at Fynbos, but ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Debbie H
Gesin met tieners
5.0
Elta's Haven is een van die mooiste plekke in Eersterivierstrand. Beste ligging met asemrowende uitsigte. Ons het die verblyf so geniet. Mooiste uitsi...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Elta Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 21

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Eersterivierpad, Skuitbaai Landgoed, Eersterivierstrand, 6309, Oos-Kaap
  • Gaste dink Elta’s Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivierpad, Skuitbaai Landgoed, Eersterivierstrand, 6309, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd2c4194f4542cd773939666058d87bf1a1a662ba8796fe1206994c0b0b8c62c00fb50e8dec9c7e83dfe190be92676e309833?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8) 20 5 1 5 Eersterivier Road Skuitbaai Estate 6309 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -34.074293551939 24.228513

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang