Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elvee Accommodation

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Markstraat 57, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
  • Vanaf R790 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Elvee Accommodation bied luukse Karoo-verblyf in die bekoorlike dorpie Vosburg. Die boomryke dorpie vorm deel van die Namakwalandse blomroete.

Verblyf by die gastehuis word in 3 stylvol versierde en suite-kamers en 'n aparte Tuinkamer gebied. Alle kamers het en suite-badkamers met storte. Die Tuinkamer spog met 'n Victoriaanse bad, maar die toilet is buite die kamer. Die kamers het TV's met Netflix, waaiers, elektriese komberse en haardroërs. Al die kamers is toegrus met lugversorging.

Handdoeke, seep , sowel as koffie en tee word in elke eenheid voorsien.

Aandetes en Ontbyt is teen 'n ekstra fooi by die restaurant op die perseel beskikbaar.

Daar is 'n skoonheidsalon op die perseel wat al die nuutste behandelings bied. Behandelings en produkte van Lamelle en Annique is hier beskikbaar.

Parkeerplek word agter 'n veilige hek voorsien.

Neem kennis dat die instansie van sonkrag gebruik maak en dus nie deur beurtkrag geraak word nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 152 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gerhard S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam en beslis goeie waarde vir geld. Baie aangename en vriendelike gasheer. Aandete en ontbyt was puik. Kamer baie skoon en gerieflik.
Des 2024
Otto V
Gesin met tieners
5.0
Regtig baie lekker gekuier. Lekker outydse vibe, skoon, al die geriewe en awesome gasheer en gasvrou. Kos uit die boonste rakke en veilige parkering. ...
Sien meer
Des 2024
Bronwyn S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic hosts, delicious food and great amenities. Stay was lovely. They called us way ahead of time to ask if we would have dinner t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Johann V
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende verblyf wat ons graag weer van gebruik sal maak. Netjiese en skoon verblyf in 'n rustige atmosfeer. Vriendelike gasheer. Sal dit definitie...
Sien meer
Des 2024
Giep S
Saam met lewensmaat
5.0
Halfpad St Helenabaai se oasis in die woestyn. Dit was regtig 'n plesier om daar te bly. Die aandete was heerlik en die gasvryheid ongekend. Sal van n...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 152

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Markstraat 57, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
  • Gaste dink Elvee Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vosburg Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 790
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 790
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Markstraat 57, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdb5cbedba77467e4493037ca3b5ff88cf57741a36b5c01d273a7a5b9fcb4b7f88799c18611309680af5b42baf02a050aceae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R790 per nag (plek vir 2) 152 5 1 5 57 Market Street Vosburg 8780 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -30.577246159153 22.881153785249

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang