English Cottage @ Wetlands Game Lodge
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R543, Wetlands Game Lodge, Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
English Cottage @ Wetlands Game Lodge skuil in die skilderagtige Versamelberge net buite Wakkerstroom en bied panoramiese uitsigte oor golwende groen heuwels en rustige watermassas. Die lodge is aan die voorheuwels van die Drakensberge geleë op 10 500 hektaar bergagtige grasveld en vleilande.
English Cottage @ Wetlands Game Lodge is 'n privaat kothuis wat op die rand van 'n meer gebou is en 'n romantiese toneel skep. Dié kothuis beskik oor Afrika-styl-dekor en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoof- en tweede slaapkamers is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n 2 enkelbeddens, onderskeidelik. Die en suite-badkamers het elkeen 'n bad, stort, wasbak en toilet. Vars linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Dit strek tot 'n eetarea en lei verder na die sitarea wat gemeubileer is met gemaklike rusbanke en 'n lieflike boekrak aan die agterkant waaruit gaste kan voordeel trek.
Die kothuis maak oop na 'n lieflike dek met buitesitplek, die perfekte plek om net 'n oggendkoffie te geniet, of teen skemer met 'n glas wyn te ontspan. Daar is ook 'n lieflike grasperk met 'n vuurput.
Die lodge beskik oor uiteenlopende wild-, voël- en plantlewe wat op 'n wildrit, 'n vierwielmotorfietsavontuur of 'n rustige wandeling verken kan word. Doendinge sluit perdry, voetslaan, voëlkyk en kunsvlieghengel in. Gaste kan 'n restaurant en kroeg op die perseel geniet, met reëlings vir ontbyt, middagete en aandete beskikbaar teen 'n ekstra koste. Hierdie rustige lodge is perfek vir gesinswegbreek, romantiese ontsnappings, trou-venues, of bloot om te ontspan en te verjong in die natuur.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Charne Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 9
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- R543, Wetlands Game Lodge, Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Wakkerstroom Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R543, Wetlands Game Lodge, Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang