Ernadoon se Plek
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Ernadoon se Plek bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n semi-losstaande kothuis in Suurbraak. Die kothuis is deel van 'n huis wat aan die hoofpad grens, oorkant die Anglikaanse Kerk, langs die plaaslike Xairu-handelaar en die Buffeljagsrivier. Geniet die eenvoudige plaaslewe met pragtige uitsigte op die Langeberge.
Die verblyf werk met sonkrag en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Die kothuis beskik oor 'n groot sitkamer en eetkamer met 'n driekwart-dagbed en 'n enkelbed, 'n privaat slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n toilet, en 'n kombuis. Die stoep is die ideale plek waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet en na die bloukraanvoëls en oopbekooievaars wat in die lug baljaar kan kyk, terwyl die janfrederiks, muisvoëls en verskeie suikerbekkies die inheemse blomme en insekte in die tuin uitsoek vir ete. Die tuin word met die bestuurders gedeel wat daar sal wees om jou na jou akkommodasie te vergesel. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en WiFi.
Die pragtige dorpie word beskut deur massiewe eikebome en dit is aan die voet van die Langeberge aan die suidelike punt van die Tradouwpas. Die berge het 'n ryk fynbos- en voëllewe en die veepaadjies dien as bergroetes vir voetslaners, bergfietsryers en voëlkykers. Daar is begeleide toere in die dorp en berge, en die perdritte en perdekarritte wat in dié geweste beskikbaar is herinner besoekers daaraan dat tyd stilgestaan het in Suurbraak. Daar is basiese braaigeriewe langs die rivier met asemrowende poele.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Heather Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
- Gaste dink Ernadoon se Plek het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang