Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ernadoon se Plek

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Ernadoon se Plek bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n semi-losstaande kothuis in Suurbraak. Die kothuis is deel van 'n huis wat aan die hoofpad grens, oorkant die Anglikaanse Kerk, langs die plaaslike Xairu-handelaar en die Buffeljagsrivier. Geniet die eenvoudige plaaslewe met pragtige uitsigte op die Langeberge.

Die verblyf werk met sonkrag en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Die kothuis beskik oor 'n groot sitkamer en eetkamer met 'n driekwart-dagbed en 'n enkelbed, 'n privaat slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n badkamer met 'n toilet, en 'n kombuis. Die stoep is die ideale plek waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet en na die bloukraanvoëls en oopbekooievaars wat in die lug baljaar kan kyk, terwyl die janfrederiks, muisvoëls en verskeie suikerbekkies die inheemse blomme en insekte in die tuin uitsoek vir ete. Die tuin word met die bestuurders gedeel wat daar sal wees om jou na jou akkommodasie te vergesel. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en WiFi.

Die pragtige dorpie word beskut deur massiewe eikebome en dit is aan die voet van die Langeberge aan die suidelike punt van die Tradouwpas. Die berge het 'n ryk fynbos- en voëllewe en die veepaadjies dien as bergroetes vir voetslaners, bergfietsryers en voëlkykers. Daar is begeleide toere in die dorp en berge, en die perdritte en perdekarritte wat in dié geweste beskikbaar is herinner besoekers daaraan dat tyd stilgestaan het in Suurbraak. Daar is basiese braaigeriewe langs die rivier met asemrowende poele.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Heather Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ernadoon se Plek het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Hoofweg (oorkant St Michael's Anglikaanse Kerk), Suurbraak, 6743, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY4M2VlMjc1LWRkYWYtNGQ2Mi04YTI5LWUzOTZjZTdjNDNhZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 4 mense 9 5 1 5 Main Road (opposite St Michael's Anglican Church) Suurbraak 6743 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -34.003929977925 20.655270626984

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang