Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eselfontein Gasteplaas

Gastehuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gerrie S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Naweek wegbreek van die gewoel. Ons het baie lekker gekuier op Eselfontein, die wind was 'n bietjie sterk en koud Vrydag met ons aankoms, maar AGA het opgemaak daar voor. Dankie vir die stook van AGA. Die 30 km grondpad na gasteplaas is baie mooi en kan gery word met 'n gewone sedanmotor. Nogmaals dankie vir als, die lekker gesels, en ek sien jou gou weer. Die keer kom ek met die motorfiets, dan kan ons so bietjie gaan ry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jaco V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2024

Rustige plaas wegbreek met vriendelike mense. Ons was bederf met 'n spierwit gesneeude naweek op Eselfontein. Die eienaar en sy vrou het gesorg dat die AGA-stoof die hele naweek lekker warm was, en ons was ordentlik bederf. Ek sal dit beslis aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Estie R
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Mooiste Karooplaas! Ons het heerlik gebly in die karaktervolle plaashuis met alles wat jy nodig het. Die huis is netjies en alles is silwerskoon en gerieflik. Varsgebakte broodjies was 'n heerlike bederf!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Paul D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Hartsmense van Karoo. Was 'n regte plaaservaring met warm, varsgebakte brood.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ilze K
Kort verblyf
5.0
Mei 2024

Rustig, pragtig, lekker plaas verblyf. Die boer en sy vrou was uiters vriendelik. Ek en my hondekind het so lekker gebly. Na 'n lang dag op die pad en om tuis te kom na vars gebakte plaasbrood. Ek sal vir seker weer daar gaan wegkruip. Die plek is super skoon, alles wat jy nodig het en meer. Baie dankie vir die mooiste aande in die Karoo. Lekker gerus, lekker gestap!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Pieter
Eselfontein Gasteplaas
Hallo Ilze. Dit was baie lekker om jou en vir woef te ontmoet. Hoop om jou weer op 'n dag te sien. Sterkte met die studies. Karoo groete.

Ninette D
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

Stil, rustig, met baie karakter en gasvryheid. Ons het baie lekker hier gebly. Pieter is so gasvry en die huis het so baie karakter. Stil, rustig en sterre kyk is ongelooflik. Lekker gebraai en fiets gery.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Pieter
Eselfontein Gasteplaas
Hello Ninette. Baie dankie vir julle kuiertjie in die Karoo. Dit was baie lekker om ons hartswêreld met julle te deel. Hoop julle droom om eendag self te boer, word waar. Intussen is julle baie welkom om by ons op die plaas te kom kuier soveel as wat julle wil. Karoo Groete

Francois S
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2024

Baie lekker ontspan. Heerlike huis met al die benodighede. Perfekte plek om bietjie af te skakel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Magriette D
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Interessant, vriendelik, uitsonderlik. Hierdie was die hoogtepunt van ons kuier in die Karoo. Ons het net een nag bespreek maar sal definitief terug gaan vir langer. Ons het hier Karoo gasvryheid ervaar soos by geen ander plek. Die uitsig is asemrowend en die huis is 'n pragtige ou plaashuis wat my aan my kinderjare op my oupa se plaas herinner. Selfs heerlike vars broodjies ontvang met aankoms. Die prys is geen aanduiding van wat jy kan verwag nie. Dit is regtig spotgoedkoop vir wat jy kry. Baie dankie vir julle gasvryheid en die lekker gesels en kuier. Julle het sowaar 'n juweel in die Karoo.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Pieter
Eselfontein Gasteplaas
Hello Magriëtte. Dit was vir ons 'n baie groot voorreg en 'n plesier om die stukkie Karoo waarvoor ons rentmeesterskap het met julle te deel. Ons sien daarna uit om julle weer eendag hier te ontvang. Karoo groete.

Joubert U
Kort verblyf
5.0
Des 2023

Bederf-kuier in die Rante. Woorde is te min om hierdie ongelooflike diamant in die hartjie van die Nêrens-Karoo te beskryf. Nie net is die gasvryheid van die eienaars 'n voorbeeld, hulle voel soos familie vir wie jy lanklaas gesien het. Die gasteplaas kry die Michelin-toekenning vir die daarstel van 'n uiters skoon en funksionele oase in my lieflingswêreld. Ek probeer verskonings uitdink om weer te kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Pieter
Eselfontein Gasteplaas
Hello Joubert. Dit was vir ons baie lekker om julle hier in die Karoo te ontvang. Sien baie uit na julle volgende besoek aan ons. Karoo Groete.

Schalk P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

N basis waarvan ons die Fraserburg omgewing "explore" het. Gasvryheid en vriendelikheid soos 'n mens net in die hart van die Karoo kry!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Pieter
Eselfontein Gasteplaas
Hello Schalk. Dit was vir ons so lekker om julle as ons gaste te ontvang. Jammer julle verblyf was so kort, maar dalk is daar 'n volgende keer. Karoo Groete.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R1 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rante Pad, Eselfontein, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA536e03c16663be2a234a2c46aba30acc7f2e3114924fd0e4a85232b83324bf337295c7fa891ae6155784ee332571dbd8aebf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 33 5 1 5 Rante Pad Eselfontein 6960 Noord-Kaap 021 201 8901 12:00-22:00 10:00 -32.144495315188 21.407233178616

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang