Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Esigodini Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drakensberg Gardens-weg, Suidelike Drakensberge, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Esigodini is die ideale wegbreekplek met 'n rustige, gerieflike en ontspannende atmosfeer vanwaar gaste die Suidelike Drakensberge se natuurskoon kan bewonder. Die huis is in 'n groot, boomryke tuin van 8 hektaar, met 'n dammetjie en 'n stroompie, geleë. Dit word deur roosbosse en 'n golwende grasperk met 'n indrukwekkende uitsig op die Drakensberg-platorand se Renosterpiek omring.

Ivy Cottage is die hoofhuis wat oor 3 slaapkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea beskik. Die eerste 2 slaapkamers vorm 'n gesin-suite met 'n skakeldeur - die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die ander slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het ook 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die sitarea het 'n kaggel en 'n sitkamerstel, en die eetarea het sitplek vir 10 gaste. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die 2 ander eenhede, Oak Suite en Willow Hut, bestaan net uit slaapkamers. Oak Suite het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Willow Hut is 'n paar meter verder en het 2 enkelbeddens.

Buite is daar 'n braai-area met 'n vuurput waar gaste onder die sterre kan kuier. Daar is 'n rits voëlspesies op die perseel, asook staproetes wat na verskeie swembaddens en watervalle lei. Alle linne word voorsien en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Dylan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Drakensberg Gardens-weg, Suidelike Drakensberge, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Esigodini Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drakensberg Gardens-weg, Suidelike Drakensberge, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA314ab0d4179311d159cf453b8ef64878defa8b7885a7d0b0fbefa2b58300528d33bb1e011e216ced2b6f0c3114dd4a2c7e4c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 10) 2 5 1 5 Drakensberg Gardens Road Southern Drakensberg 3257 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.75558511478 29.250540733337

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang