Eskulaap Hotel
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.8/5
Francois Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 14 jaar
Opsomming van Resensie
Anonieme gas - Jul 2024
Algehele gradering
Chane V - Sep 2023
Algehele gradering
Average.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Geagte Chane,
Ek het self saam met die skoonmakers die kamer gaan inspekteer. Ek het met my inspeksie lappie oral gevee en die plek is silver skoon.
As jy die vrymoedigheid gehad het om ons te kontak sou ons verseker aandag gegee het aan enige klagte wat jy gehad het. Dan kon jy my sommer self wys waarmee jy nie gelukkig was nie. Volgens my is alles op standaard en weet ek nie waar om te verbeter nie.
Ek het selfs gery om vir hulle 'n splinternuwe yskas te koop omdat ek bang was die bestaande yskas laat julle in die steek. Verder het my personeel uit hul pad gegaan om vir julle 'n baba kot te reël.
Ons werk konstant om nuwe stelsels in te sit soos byvoorbeeld 'n water aanleg omdat Polokwanie nie water het nie, Wi-Fi sodat almal lekker Netflieks kan kyk, sekuriteit, krag in die kamers ens ens. Ons is tans besig om die linne te vervang.
Ons en ons personeel probeer baie hard om vir ons gaste die beste waarde vir geld te gee.
Hoop julle het volgende keer 'n meer as "Okay" ervaring.
Die eienaars bly self op die perseel. Jy kan ons enige tyd kontak sodat ons 'n probleem kan uitsorteer.
Eienaar - Eskulaap Hotel
Elmarie D - Sep 2022
Algehele gradering
Baie mooi plekkie en behulpsaam.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Baie, baie dankie, ons waardeer dit. Ons sal altyd help waar ons kan, en ons sal verseker met groot groepe, 2 mense by ontvangs sit. Hoop om jou gou weer te sien. Groete van Eskulaap Hotel.
Lynette F - Mei 2022
Algehele gradering
Lekker, rustige kuier.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Goeie dag Aletta
Baie dankie vir die terugvoering. Ons was onbewus van die probleem, maar ons sal definitief aandag gee aan die saak.
Ons hoop om u weer te sien.
Groete
Elna
Eskulaap Hotel
Anonieme gas - Sep 2022
Algehele gradering
Cynthia O - Sep 2022
Algehele gradering
Gerieflik en skoon.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer. Ek sal voortaan melk aanhou in ontvangs. Ek self verkies koffie met regte melk.
Groete
Eienaar -Eskulaap Hotel
Catheleen B - Sep 2022
Algehele gradering
Bekostigbare oornagfasiliteit.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer. Ten spyte van al die prys verhogings van vooraad, arbeid en elektrisiteit ens. het ons besluit om ons kosters steeds dieselfde te hou in 2023. Ons het baie verbeteringe aangebring sedert November 2022. Die sekuriteit is opgradeer. All die kamers het splinter nuwe tv's met OpenView decoders. Daar is n unieke Wi-Fi 6 stelsel geïnstalleer wat Wi-Fi voorsien aan die hele perseel en dan behoort elke kamer se ligte aan te bly gedurende beurtkrag vanaf die einde van die September 2023
Ons streef deurentyd om vir ons gaste die beste waarde vir geld te gee.
Eienaar - Eskulaap Hotel
Ruan S - Okt 2022
Algehele gradering
Ontevrede.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Geagte Ruan, dankie vir die terugvoer.
Sedert November 2022 het baie verander. Alle kamers het nuwe 32" HD tv's met OpenView dekodeerders.
Die sekuriteit is opgegradeer en die hele Eskulaap is nou omhein met 'n 10 lyn elektriese draad asook wagte in die aand.
Daar is n "state of the art" Wi-Fi netwerk geïnstalleer wat internet verskaf aan die hele perseel.
Ons is tans besig om krag te installeer in elke kamer sodat ons gaste steeds kan tv kyk en nie in die donker sit nie.
Die lugversorging in die kamers is 'n vervanging vir die waaiers. Meeste waaiers is reeds verwyder. Die aircons is ook almal gediens en in werkende orde.
Hoop om jou gou weer te sien
Eienaar - Eskulaap Hotel
Marna P - Feb 2022
Algehele gradering
Uiters teleurgesteld.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Mrs Marna reported this incident and after a full investigation it was found that all her complaints were founded and 1 employee was responsible.
I responded with an apology and as compensation offered her free accommodation and meals, which she could use any time in 2022. The responsible employee was disciplined through the correct channels.
Hardus F - Apr 2021
Algehele gradering
Baie lekker vir ons.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Baie dankie Hardus.
Kobus B - Des 2020
Algehele gradering
Lekker geslaap.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Dankie Kobus, Polokwane sukkel maar met water. Ons het intussen 'n sterker booster ingesit wat die probleem opgelos het.
Joel M - Okt 2020
Algehele gradering
The place was ok but the entertainment e.g tv channels not really up to standard and the fact that you have to call someone to open the gate for you that was not was a factor but overall it was ok.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Thank you for the feedback. We are in the process of installing OpenView decoders in each room. DStv will also be an optional extra in future.
Hardus F - Feb 2020
Algehele gradering
Die kamer is netjies en skoon, die stortkop moet egter vervang word, want net uit die helfte van kop kom water uit, verder het ek geen klagtes nie.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer.
Ons gee dadelik aandag aan die stortkop.
Truida O - Nov 2018
Algehele gradering
Bevredigende diens en netjiese akkommodasie.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Geagte Truida, baie dankie vir die terugvoer.
Ek vra om verskoning vir die onbemande ontvangs. Ons beskou dit as 'n ernstige oortreding en het die nodige stappe gedoen om 'n soortgelyke gebeurtenis in die toekoms te vermy.
Baie dankie vir jul ondersteuning en ons poog deurentyd om Eskulaap 'n beter plek te maak.
Vriendelike Groete
Eskulaap Bestuur
Jaco C - Jun 2018
Algehele gradering
Die ontbyt was goed en die kombuispersoneel vriendelik.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Geagte Jaco
As jy dit gerapporteer het terwyl jy in hier was kon ons al jy klagtes dadelik oplos het. Nie te min, die R 200.00 is 'n deposito om te verseker dat jy die afstandbeheer terug gebring word. In die bedryf is dit ongelukkig so dat nie almal so eerlik is soos jy nie. Ander Hotel groepe reserveer 'n bedrag op jou kredietkaart en indien daar iets in die kamer breek of wegraak word jou kredietkaart eenvoudig gedebiteer. Dus is ek jammer jy hou nie van die sisteem nie.
Die lugversorging is getoets en dit is in 100% werkende toestand. Soos reeds genoem, sou ons jou kon help om die lugversorging aan te skakel as jy dit eenvoudig gerapporteer het met jou aankoms.
Ons is deur TGCSA gegradueer as 'n 3 ster hotel. Dit is volgens 3 ster graduering geen vereiste om vir jou shampoo te voorsien of om 'n haardroër in die kamers aan te hou nie. Ons het 'n kiosk op die perseel wat wel shampoo aan jou kan verskaf. In elke kamer is 'n inligtings brosjure, daar sou jy sien dat ons wel die haardroër gratis aan jou kon verskaf. Jy moes dood eenvoudig net die ontvangs te kontak. Daar is 'n telefoon in elke kamer met gratis kamer diens.
Parkering was nog nooit 'n probleem by Eskulaap Hotel nie. Ons beslaan meer as 'n hektaar en daar is 'n hele erf met onderdak parkering. Die probleem kom egter as jy verkies om jou voertuig by jou kamer te parkeer, wat ons duidelik aangedui het as geen parkeer areas, en die ander gaste volg jou voorbeeld, dan kan dit nogal chaos veroorsaak as van die gaste jou vas geparkeer het.
Ek vra verskoning dat jy 'n ouer handdoek gekry het. Ons vervang maandeliks handdoeke omdat hulle eenvoudig nie hou met die daaglikse gewas en tuimel droog nie. Indien jy ons met jou aankoms bewus gemaak het van jou ongelukkigheid kon ons vir jou 'n splinter nuwe handdoek gegee het.
Ek is dankbaar dat ons darem vriendelik is en vir jou 'n lekker ontbyt kon gee.
Daar is nie nog 'n plek in Polokwane met sy ruimte, tropiese tuine en fasiliteite waar jy beter waarde vir jou geld gaan kry nie.
Groete
Eienaar - Eskulaap Hotel
Deborah S - Des 2017
Algehele gradering
The unit was very neat and we felt welcome. Noise control late at night, of other guests, was the only problem we had.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Thank you for your positive feedback. We are trying our utmost best to improve on the noise control. I am aware of this issue and especially some weekends but luckily it don't happen too often. Sometimes when people come back from a wedding or sports event late at night, they can be very spiteful when our staff ask them to respect the other guests. We have also asked troublemakers to leave our premises in the past, but it is never a good situation.
Andre D - Des 2017
Algehele gradering
Gemaklik en aangenaam.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoer, Andre.
Ons het 'n hele erf met skadu afdakke waar die gaste hulle voertuie kan parkeer. Ek besef die parkering is beknop voor die eenhede en ons ondervind ook dat gaste mekaar soms vas parkeer. In die verlede het ons parkering voor die eenhede verbied, maar die gaste verkies die gerief om hul voertuig by die eenheid te parkeer.
Marika V - Des 2017
Algehele gradering
Steurend en redelik ongemaklik met van jul gaste.
Lees meerEskulaap Hotel se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer. Dit klink vir my of jy darem tevrede was met ons fasiliteit en ons diens.
Ek is baie jammer dat die gas oorkant jou 'n geraas gemaak het en jou gesteur het. Ons probeer ons bes om die geraas te beheer. Eskulaap is baie groot en is die personeel op kantoor nie altyd daarvan bewus nie. Ek kan jou verseker dat hulle daaraan aandag sal gee as hulle daarvan bewus is of bewus gemaak word. Ons het al verskeie kere moeilike, lastige en gaste wat raas uit die hotel gesit. Dit het egter altyd 'n nare nasmaak en hulle maak ook gewoonlik nog meer geraas.
Ek wil egter noem dat jou stelling dat ons "gaste is van die swakste keuse". Ek kan nie my gaste vooraf kies nie. Ek kan jou verseker dat ons het 'n baie groot kliënte basis en baie gaste wat weer en weer by ons oorbly en wat deel geword het van die familie. Ek kan jou ook verseker dat meeste ons gaste is van die room van die aarde.
Anonieme gas - Des 2017
Algehele gradering
Anonieme gas - Des 2017
Algehele gradering
Amanda K - Jul 2015
Algehele gradering
Die bestemming is gerieflik geleë en maklik bereikbaar.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Baie dankie Amanda vir jou 5 ster terugvoer. Kom geniet gerus 'n gratis ontbyt met jou volgende verblyf by ons.
Vince A - Jul 2014
Algehele gradering
Goed.
Eskulaap Hotel se terugvoer
Baie dankie.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 60 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rissikstraat 54, Polokwane, 0699, Limpopo
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang