Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Esselmont Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Esselmont-laan 149, Morningside, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Esselmont Guest House is 'n lieflike dubbelverdiepinghuis in die veiligheid van die Essenwood-area van Durban-Noord. Die huis spog met 6 en suite-slaapkamers en word omring deur die stedelike oerwoud. Dit beloof 'n daaglikse wegbreek na kalmte, ver van die gewone stadslewe, sonder om die nodige geriewe op te gee.

Die gastehuis bied 6 slaapkamers, elk met 'n dubbelbed. Twee van hierdie kamers is gesinskamers. Een het 'n enkelslaapbank en die ander 'n dubbelslaapbank. Die slaapbanke is geskik vir volwassenes en kinders.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer met óf 'n bad óf 'n stort, en 1 kamer het 'n Jacuzzi-bad. Elke kamer het ook 'n TV met OpenView, 'n lessenaar en lugversorging/verhitting. Gratis WiFi word voorsien.

Die gastehuis is gevul met natuurlike lig en spog met ruim kamergroottes. Die 3 kamers op die onderste verdieping is rolstoelvriendelik en het 'n gemeenskaplike sitarea, eetarea en kombuis. Dit is dieselfde vir die tweede verdieping, maar die trappe maak dit nie rolstoelvriendelik nie.

Elkeen van die gemeenskaplike kombuise is met 'n dubbeldeur-yskas, gasstoof, mikrogolfoond, ketel, eetgerei, breekware en wasbak toegerus. Daar word van gaste verwag om self op te ruim tensy vooraf reëlings met die bestuurders getref word. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n privaat swembad en lapa en braai-area wat 'n kroegarea en gemaklike tuinstoele het. 'n Klein kombuisie onder die lapa is beskikbaar.

Hierdie bekoorlike gastehuis is in die hartjie van een van Suid-Afrika se mees bedrywige stede, net 'n hanetreetjie vanaf die florerende kunstetoneel, koffiewinkels en restaurante waarvoor Berea bekend is. Tog bied dit 'n vreedsame toevlugsoord, beskut teen die gewoel van die stadslewe.

Bykomende kenmerke sluit in toegewyde toesluitmotorhuise en oop parkeerplek.

Die gastehuis is naby uShaka Marine World, die Greyville-perderesiesbaan en die Botaniese Tuine.
Dit is ook in die hartjie van Berea, terwyl dit steeds gerieflik naby openbare vervoer en hoofpendelroetes geleë is.

Rook is verbode.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Esselmont-laan 149, Morningside, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Esselmont-laan 149, Morningside, Durban, 4001, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22300c4d47af312fd4011fecfc39886d431ebf5e64a3b1c45d73cd0df28ffe04f60a682f9191707d701795846bcbe75935af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 149 Esselmont Avenue Morningside 4001 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.8393553 31.0111333

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang