Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Estoril Villas 03

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard Wes, Estoril Villas 03, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Estoril Villas 03 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in 'n kompleks in Mosselbaai. Die woonstel bied die ideale seevakansie en is net 280 m vanaf die see.

Hierdie woonstel is op die grondverdieping en bied slaapplek aan 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers en die hoofslaapkamer het 'n koningingroootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad en stort.

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV, 'n eetarea met 'n ingeboude braai en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolf, broodrooster, skottelgoedwasser, wasmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die stoep met 'n groot tuin waar kinders kan speel. Veilige parkeerplek binne die kompleks is beskikbaar.

Die woonstel is naby plaaslike winkels, restaurante en verskeie besienswaardighede in Mosselbaai.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Letitia S
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtig, naby die see en goeie ligging. Baie lekker gebly. Dis mooi skoon en netjies.
Jun 2024
Vidette B
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike waarde vir geld! Ons het ongelooflik lekker gebly. Min wat mens hierdie tipe woonstel kry vir die prys. Dit sal vir seker nie ons laaste ...
Sien meer
Apr 2024
Johan M
Saam met lewensmaat
4.8
Great place to stay. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Monique M
Gesin met klein kinders
4.6
Die kuier was lekker gewees. Wil net sê baie dankie aan die gasheer vir die uitstekende diens. Dit was baie lekker gewees en kan nie wag vir die volge...
Sien meer
Mrt 2024
Riana D
Saam met vriende
4.0
Estoril Villas Diaz. Oulike plek. Ongelukkig geen WiFi. En paar plekkies het skoonmaak gekort. Stort, braairooster en yskas binne. Die braai wat toema...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Danvo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Beach Boulevard Wes, Estoril Villas 03, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Estoril Villas 03 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard Wes, Estoril Villas 03, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf30ae39198031a0d1a170686a74781c2dc6a05c9c3fcab63a6e01d10edec83ef0c7554d3e596216551b2c37c13e6f4648131?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 Beach Boulevard West 03 Estoril Villas 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.16170461517 22.108449828998

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang