Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Estoril Villas 62

Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jun 2024 tot 24 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg-wes, Estoril Villas 62, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 R1 073 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Estoril Villas 62 bied selfsorgverblyf in 'n veilige kompleks in Die Voorbaai, Mosselbaai en is stapafstand van die strand af geleë.

Dié woonstel op die eerste verdieping het slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hierdie 2 kamers maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix, Youtube en Disney+. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. DStv en Showmax is beskikbaar, maar gaste moet met hul eie wagwoord aanmeld. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar.

Deur die skuifdeure is daar 'n balkon met 'n tafel en stoele asook 'n ingeboude braai. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig met bykomende besoekersparkeerplek in die kompleks.

Daar is lang sandstrande, 'n waterpark, 'n dag-spa en gimnasium, vermaak vir die kinders en restaurante binne 200 m se stapafstand van die kompleks wat dit die ideale vakansiebestemming maak.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Deidre S
Saam met vriende
5.0
Netjiese pragtige plek. Ons het baie, baie lekker gebly. Verskriklik oulike plek. Ons gaan definitief weer terug volgende jaar. Ligging is ideaal naby...
Sien meer
Nov 2023
Lauren A
Gesin met tieners
5.0
Was a lovely place, spacious and close to the beach and Waterpark. We enjoyed every day and Lizette was very friendly and sweet. We ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Ro-ann J
Saam met vriende
5.0
Dit was 'n heerlike kuier. Estoril Villas 62 is tops️, sal dit definitief aanbeveel. Ons was baie vriendelik ontvang, dankie Lizette.
Mrt 2023
Marna B
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik. Woonstel het alles in wat jy nodig het. Kompleks is veilig en loopafstand van die strand en supertube af. Ons het behoorlik gerus. Sal we...
Sien meer
Jan 2023
Fanus T
5.0
Langnaweek saam met kinders wat kom kuier het by die see. Ons kinders van die Kaap het kom kuier. Beide ons en hulle het vir die laaste paar jaar wee...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 30

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Kusweg-wes, Estoril Villas 62, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Estoril Villas 62 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 650
R1 650 R1 073
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 650
R1 650 R1 073
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg-wes, Estoril Villas 62, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA74667ed82d2eeb71b59c9223ed3393adb9b75ab04038f921cda9e199dcd9d9f729b21812ab8cea14ecbd7f952490d1fd7642?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 650 nouVanaf R1 073 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 Beach Boulevard West Estoril Villas 62 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.161647689279 22.10907539522

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang